
Foto Krediet: Pexels
Gekopieër
Wat is Agoa en hoe raak dit jou?
Die African Growth and Opportunity Act (AGOA) is ‘n belangrike handelsooreenkoms wat Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA bevoordeel. In 2024 was die waarde van hierdie uitvoere R156,8 miljard, wat ongeveer 576 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika ondersteun het. Daarvan is 250 000 werke direk of indirek aan AGOA gekoppel.
Die ANC se roekelose buitelandse beleid en ekonomiese bestuur plaas Suid-Afrika se deelname aan AGOA in gevaar. Indien die land uit AGOA geskop word, sal dit die landbousektor, nywerhede en veral kwesbare gemeenskappe swaar tref. Ironies genoeg sal die elite, wat deur swart bemagtigingstransaksies bevoordeel word, grotendeels onaangeraak bly.
Die Solidariteit Beweging hoop dat Suid-Afrika in AGOA ingesluit bly, terwyl alternatiewe metodes oorweeg word om druk op die ANC te plaas om beleidsverandering teweeg te bring.
Die Solidariteit Beweging verskil met die ANC, maar is lief vir ons land. Ons besoek aan die VSA is om ‘n positiewe uitkoms vir ons land te vind. Dit vereis wel om druk op die ANC te plaas, aangesien hulle internasionale en nasionale beleid tot groot nadeel van ons mooi land en sy mense is.
As ons stilbly verander niks. Dit is tyd om op te staan vir reg en geregtigheid. Jou stem maak ’n verskil – help ons om hierdie saak internasionale aandag te gee. Word deel van ons drukgroep en stuur jou stem na die Withuis! Klik hier