Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Is daar ’n toekoms vir my kinders in Suid-Afrika?
Deur Marné Pienaar
Ons leef in onsekere tye.
As ons skole nie aangeval word nie, is ons taal in die spervuur. Ons infrastruktuur word nie onderhou nie, wat nog gepraat van nuwe ontwikkeling, soos skole wat gebou moet word.
Ja, tye is onseker. Ja, ons regering dra nie sy landsburgers se belange op die hart nie, maar een ding is verseker: die toekoms is blink!
Jy sal my dalk nie glo nie – hoe kan ek sê daar is hoop met soveel aanslag op ons kinders? Hoe kan ek sê daar is hoop wanneer die meeste mense eintlik wil emigreer om van hierdie gemors weg te kom? Wel, nie net het ek hoop vir mý toekoms nie, maar ek het hoop vir die toekoms van my kinders én hulle kinders – in Suid-Afrika!
Solidariteit trek nooit hulle bokshandsoene uit nie, en vir elke nuwe belaglike idee wat die regering probeer implementeer, sorg Solidariteit dat houe uitgedeel word om dit te beveg. Só staan Solidariteit op teen ongeregtighede, soos die Bela-wet, die NGV en rasmalhied om óns belange te beskerm. Die Regsfonds is juis hiervoor bedoel – om jou geveg, wat ook my geveg is, in die hoogste howe te gaan beveg.
Alhoewel die regering telkemale die “apartheidkaart” speel om hulle onbevoegdheid te verdoesel om die land se infrastruktuur uit te bou en in stand te hou, het Solidariteit lankal aanbeweeg om ʼn volhoubare model te ontwikkel. Vanuit Solidariteit het die Boufonds die lig gesien wat instellings soos Akademia, Sol-Tech en nou Gimnasium Pretoria bou.
Sien jy? Dít is wat Solidariteit doen. As die regering ʼn aanslag op Afrikaans afvaardig en die taal uit ons universiteite verdryf, antwoord Solidariteit met Afrikaanse hoëronderriginstellings soos Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding en die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut. As die regering ons wil onderdruk met wetgewing soos Bela wat ons moedertaalonderrig en die mag van ouers by skole wegneem, beantwoord Solidariteit eenvoudig met Pretoria Gimnasium. Ons sal self!
Só is Solidariteit se aanlyn netwerkplatform ook ʼn antwoord. Dis ʼn antwoord op regstellende aksie en dis ʼn antwoord op werkloosheid. Solidariteit bemagtig my om gratis in Afrikaans werk te soek. Daarmee saam bemagtig Solidariteit my sommer ook met die nodige vaardighede wat ek in my beroep gaan nodig hê, met die aanbod vir voortgesette leer wat bestaan uit nagenoeg 150 beroepspesifieke kursusse wat lede gratis kan voltooi. Hulle bring my in kontak met mentors wat my kan help om werklik sukses te kan behaal en my roeping uit te leef en hou my op hoogte van nuwe verwikkelings in my beroep.
So, nee, ek is nie bekommerd oor my toekoms in Suid-Afrika nie, want ek weet daar is organisasies soos Solidariteit wat nie net my belange op die hart dra nie, maar ook dié van my nageslag.
Jou kind hoef nie oorsee te gaan om suksesvol te wees nie. Solidariteit veg en bou sodat ons ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms hier in Suid-Afrika kan hê. Lees hier Robin-Lee Jones se storie oor hoekom sy na Suid-Afrika teruggekeer het.
Skep jou gratis profiel op Solidariteit en raak deel van ʼn Afrikaanse netwerk van werk.
Die toekoms is blink! Die toekoms is hiér.