loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
jou-cv-in-2026-bou-vandag-aan-n-voorspoedige-toekoms

Foto Krediet: OkayDeer

Jou CV in 2026: Bou vandag aan ʼn voorspoedige toekoms

Deur Lize-Mari Verster

In ʼn dinamiese en mededingende arbeidsmark is akademiese prestasie ʼn belangrike bousteen, maar dikwels is dit praktiese ondervinding wat ʼn werkgewer se aandag trek. Studente wat proaktief buite die lesinglokaal betrokke raak, bou ʼn CV wat nie net hul vaardighede uitlig nie, maar ook inisiatief, karakter en ʼn begrip van die werkplek demonstreer. In 2026 word daar vir jou die ideale geleentheid gebied om jou teoretiese kennis met tasbare ervaring aan te vul, en sodoende jouself te bemagtig vir ʼn blink toekoms.

Om die meeste uit hierdie jaar te put, is dit noodsaaklik om geleenthede uit te ken wat jou groei sal bevorder. Hier is ʼn lys van praktiese maniere hoe jy betrokke kan raak om jou CV te versterk:

  • Vrywilligerswerk: Betrokkenheid by ʼn saak waarin jy glo, wys dat jy gemeenskapsgedrewe is. Dit bied dikwels ook die kans om projekbestuur, fondsinsameling of kommunikasievaardighede in ʼn praktiese omgewing te ontwikkel.
  • Studentewerk en vakansiewerk: ʼn Deeltydse werk, selfs een buite jou studierigting, leer jou waardevolle lesse oor verantwoordelikheid, kliëntediens en tydsbestuur. Instellings soos Akademia het byvoorbeeld dikwels studentewerkgroepe waar jy vir poste kan aansoek doen, soos om as barista by Sowel As te werk, wat jou CV dadelik meer veelsydig maak.
  • Skaduwerk: Deur ʼn dag of twee saam met ʼn professionele persoon in jou gekose veld te spandeer, kry jy insig in die alledaagse werklikheid van daardie beroep. Dit wys vir werkgewers dat jy ernstig is oor jou beroepskeuse en die inisiatief neem om dit te ondersoek.
  • Sluit by komitees en strukture aan: Of dit nou die koshuiskomitee (HK), ʼn akademiese vereniging of die bestuur van ʼn sportklub is, hierdie rolle wys leierskappotensiaal. As tesourier bou jy finansiële bestuursvaardighede, en as sekretaris slyp jy jou administratiewe vermoëns.
  • Soek ʼn mentor: Om doelbewus ʼn mentor te soek – iemand wat reeds sukses in jou veld behaal het – wys volwassenheid en ʼn dryfkrag om te leer. So ʼn verhouding bied waardevolle loopbaanvoorligting en help jou om ʼn professionele netwerk te begin bou.

Hierdie aktiwiteite is meer as net tydsbesteding; dit is beleggings in jou loopbaan. Dit help jou om jou vaardighede te slyp, jou netwerk uit te brei en jou voor te berei vir #JouWerk.

Solidariteit se Studente-aanbod is ontwerp om jou op hierdie reis te begelei en te bemagtig sodat jy jou tersiêre studie met mag en mening kan aanpak. Ons verstaan die vrae wat studente oor loopbaanvoorbereiding het, en juis daarom is Solidariteit se Studentelewe-groep ontwikkel om hierdie vrae te takel en praktiese oplossings te bied.

Saam kan ons ʼn toekoms bou waarin elkeen sy volle potensiaal kan bereik. Sluit vandag nog aan by hierdie Studentelewe-groep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel