Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Maak 2026 jóú jaar met Solidariteit Student
Deur Leré Nel
Is jou akademiese doelwit vir 2026 “deur”… of “presteer”? Ons judge nie! Die goeie nuus is dat jy 2026 jóú jaar kan maak met Solidariteit Student. Of jy graag jou punte wil verbeter of net nie meer die hele aand voor jou laaste eksamen wil cram nie – Solidariteit Student het presies wat jy nodig het om jou te help slaag.
Hier is hoe om 2026 jóú jaar te maak:
1. Maak jou doelwitte SMART
Ja, jy onthou dit nog van LO op skool. Jou doelwitte moet spesifiek, meetbaar, bereikbaar, relevant en tydgebonde wees.
Gebruik hierdie metode vir elke vak of gebied waarin jy wil groei – van akademie tot selfdissipline.
2. Maak ʼn visiebord
Skryf jou doelwitte op ʼn plakkaat neer of maak ʼn digitale visiebord op Canva. Gebruik foto’s en aanhalings, en laat dit treffend lyk! Maak seker dat jy dit gereeld kan sien om jou te herinner waarom jy begin het, veral wanneer dinge moeilik raak.
3. Gebruik die regte studiemetodes
Ons leer almal anders. Weet jy al watter studiemetodes die beste by jou pas?
Kyk gerus na die studiemetodes op die Studentelewegroep. Dalk kry jy ʼn metode wat perfek by jou leerstyl pas! Iets soos …
- • die PQ4R-metode
- • die Leitner-stelsel
- • Kleurkodering; of
- • die Feynman-tegniek
Moenie harder leer nie – leer slimmer!
4. Beplan soos ʼn boss
Sukses begin met ʼn plan. Maak ʼn weeklikse to-do list en gebruik ʼn eksamenbeplanner om jou studiesessies, take en rusdae uit te werk.
Goeie beplanning gee jou nie net struktuur nie – dit hou jou kalm gedurende toetsweek.
Kry jou eksamenbeplanner op die Studentelewegroep!
5. Vat ʼn blaaskans
Om doelwitte te hê beteken nie jy moet perfek wees nie. Dis oukei om te rus, te herlaai en selfs ʼn afdag te hê. Wat saak maak, is dat jy weer opstaan en hou by die beloftes wat jy aan jouself gemaak het.
Maak 2026 die jaar waarin jy jou akademiese potensiaal ontsluit. Word deel van die Studentelewegroep waar jy ál die hulpbronne wat jy nodig het, heeltemal verniet kan kry!