
Foto Krediet: Pexels: Craig Adderley
Gekopieër
Neem vakansiefoto’s soos ʼn ‘pro’ danksy Solidariteit se fotografiekursus
Die Desembervakansie is hier en as jy wil hê jou vakansiefoto’s moet bo dié van jou vriende en familie uitstaan dan is hierdie artikel vir jou! Kom ons wees eerlik, maar soms lyk daardie kiekies darem maar baie amateuragtig. Het jy al Solidariteit se Fotografiekursus (Deel 1) gevolg? Klik hier om dit sommer vandag nog te begin doen en lees verder vir meer inligting oor Deel 2
Solidariteit se fotografiekursusse is die perfekte geleentheid om spesiale herinneringe vas te vang. As jy al ooit gewens het jou vakansiefoto’s kan professioneel lyk sonder dat jy ʼn professionele fotograaf is, is Solidariteit se kursus, Fotografie deel 1 nét waarna jy soek.
Van die basiese beginsels tot gevorderde meesterstukke
Deel 1 van hierdie kursus het die basiese beginsels van fotografie behandel. Jy het geleer hoe om jou kamera te gebruik, die regte hoek te vind en hoe om basiese beligting te bemeester. Dit was soos om die fondament van ʼn huis te lê. Nou, in Deel 2, is dit tyd om die finale afrondings aan te bring en jou kreatiwiteit ten volle te ontgin.
Wat bied Deel 2?
Deel 2 fokus op die meer gevorderde tegnieke en gee jou die gereedskap om jou fotografie na die volgende vlak te neem. In hierdie kursus gaan jy:
- meetmodusse en witbalans bemeester vir perfekte kleure in elke skoot;
- leer hoe om ligmeters vir optimale beligting te gebruik, of jy nou op die strand is of in ʼn knus kothuis in die berge;
- jou foto’s met HDR (hoëdinamiese reeksfotografie) en fokusgroepering verbeter, sodat jy die detail en diepte van jou tonele optimaal kan benut;
- die kuns van komposisie verfyn om jou foto’s ʼn unieke en professionele voorkoms te gee.
Jou vakansieherinneringe geherdefinieer
Dink jou in hoe jy jou volgende vakansie in ‘n foto verewig kan vasvang: ʼn sonsondergang wat die perfekte balans tussen lig en skadu toon, of ʼn portret van jou gesin wat lyk soos ʼn tydskriffoto. Danksy die praktiese wenke wat Deel 2 jou bied, kan jy in beheer van jou kamera wees en seker maak dat jou foto’s reg laat geskied aan jou herinneringe.
Hoekom moet jy juis vir hierdie kursus inskryf?
Hierdie kursus is in Afrikaans beskikbaar en is spesifiek ontwerp om jou vaardighede uit te brei. Of jy nou lief is vir landskapfotografie, spesiale oomblikke wil vasvang, of portrette wil bemeester, die kursus bied die perfekte kombinasie van tegniese vaardighede en kreatiewe inspirasie.
Skryf in en laat jou lens die praatwerk doen
Moenie wag totdat jy weer na jou foto’s kyk en wens jy het beter foto’s van die oomblikke geneem nie. Skryf vandag nog in vir Deel 2 van Solidariteit se Fotografiekursus en leer hoe om jou vakansie-oomblikke professioneel en kreatief vas te vang. As jy nog nie Deel 1 nie voltooi het nie, is dit ook nie te laat om by die begin te begin nie. Hierdie kursus kos gewoonlik R2 500, maar dit is gratis vir Solidariteit-lede. Jou reis na ongelooflike fotografie begin hier!
Indien jy meer wil lees oor Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer, klik hier.