Debiteure Klerk
Gekopieër
Hoofdoel van die Pos:
Die Debiteure Klerk is verantwoordelik vir die effektiewe invordering van alle uitstaande pasiënt- en mediese fondsrekeninge. Die fokus van die rol is opvolg van betalings, hantering van uitstaande skuld en professionele kommunikasie met pasiëntes, mediese fondse en invorderingsagentskappe om tydige invordering te verseker.
Invorderings:
Daaglikse opvolg van onbetaalde rekeninge (pasiënt en mediese fonds).
Skakeling met pasiëntes om betalingsreëlings te tref of betalingsherinnerings te gee.
Kommunikasie met mediese fondse oor uitstaande eise en betalingsnavrae.
Monitering van ouderdomsanalises om rekeninge volgens ouditvereistes op te volg.
Debiteurebestuur:
Identifiseer problematiese rekeninge en verwys na Debiteure Bestuurder vir verdere aksie.
Opvolg van gedeeltelike betalings en hantering van oorbetalings of krediteure-oordragte waar toepaslik.
Aanbeveel van rekeninge vir oordrag aan invorderingsagentskappe wanneer intern geen vordering gemaak word nie.
Rekonsiliasie & Verslaggewing:
Rekonsilieer betalings ontvang met uitstaande bedrae op die debiteurelys.
Verskaf weeklikse of maandelikse invorderingsverslae aan die finansiële span.
Rapporteer op tendense van wanbetalings of probleme met spesifieke fondse of pasiëntgroepe.
Kliëntediens & Administrasie:
Professionele hantering van alle navrae of klagtes wat verband hou met betalings.
Hou rekord van alle kommunikasie en aksies geneem vir elke rekening.
Handhaaf pasiëntvertroulikheid te alle tye volgens POPIA en interne beleid.
Minimum Vereistes:
- Graad 12 (matriek).
- Minimum 5 jaar ondervinding in debiteure-invordering, verkieslik in die mediese of hospitaalomgewing.
- Basiese kennis van mediese fondse en gesondheidsfinansiering.
- Sterk administratiewe en rekenaarvaardighede (Excel, e-pos, pasiëntstelsels).
- Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Ervaring met Trimed sal voordelig wees.