Regs Administrasie Klerk

Cora O Neil Recruitment Agency
Pretoria, South Africa
Permanent
Junior
0 - 2 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 18/03/2024
Sluitingsdatum
12/04/2024 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Matriek / gr. 12
 
Vaardighede wat benodig word
Soos per pos beskrywing
 
Verantwoordelikhede

Hatfield, Pretoria: ADMINISTRASIE KLERK VIR REGSFIRMA (JUNIOR POSISIE x 2)

Minimum Vereistes:

-Jong, netjiese en professionele Afrikaans sprekende dame, ongeveer 20 – 30 jaar oud

-Afrikaans en Engels eerste en tweede tale verpligtend (Afr & Eng kliënte basis)

-Matriek / Graad 12 met goeie punte en universiteit vrystelling verpligtend

-Onlangse administrasie werksondervinding verkies (verkieslik by ‘n regsfirma)

-Geldige bestuurlisensie verpligtend

-Rekenaargeletterd in MS Office, met goeie tikvaardigheid

-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings (Geen werkspringers)

-Moet bereid wees om te verbind tot 'n minimum van 1 jaar diens by firma

-Nie roker

-Om so gou moontlik diens te aanvaar

Pligte:

-Algemene administrasie take vir regsfirma (liassering, data vaslegging, oopmaak van leêrs, korrespondensie met kliënte, versending van e-posse, tik van dokumente ens.)

-Reis na Howe en kliënte wanneer nodig.

Salaris: R 6 000.00 – R 8 000.00 bruto maksimum (afhangende van ondervinding)

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

- Verwysing CR2565; en

- U salarisverwagting binne die aangebiede bedrag

(Stuur ook ‘n onlangse foto en enige verwysingsbriewe wat jy het van vorige werkgewers, indien moontlik)

AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.

Vereistes

Soos per pos beskrywing.

Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.