Solidariteit: Administratiewe beampte: Algemene Litigasie-afdeling

Solidariteit
Kloofsig, Centurion, 0157, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
2025-05-06 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Senior sertifikaat (graad 12)
 
Vaardighede wat benodig word
Goeie administratiewe en kommunikasievaardighede
 
Verantwoordelikhede

Die pos behels onder meer regsadministrasie wat insluit die oopmaak van lêers, bywerking van datastelsels, opvolg van sake, tik en opstel van skrywes, reël van konsultasies, liassering, betekening van dokumente, telefoniese skakeling met lede en ander instansies, die verlening van bystand aan regsbeamptes en dagboekbestuur.


Vereistes

Die pos is in Kloofsig gebaseer. Om daarvoor in aanmerking te kom benodig jy ʼn Senior Sertifikaat en moet jy ten volle rekenaargeletterd wees met ʼn tikspoed van 50 tot 60 woorde per minuut. Administratiewe ervaring van drie jaar is ʼn vereiste, terwyl ervaring in ʼn regsomgewing en ʼn positiewe diensingesteldheid in jou guns sal tel.


Die geskikte persoon moet Afrikaans en Engels as spreek- en skryftaal magtig wees en oor goeie administratiewe en kommunikasievaardighede beskik en moet onder druk kan werk.


Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 6 Mei 2025 per e-pos na Sumari Maartens by betrekkings@solidariteit.co.za .


Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.