
Foto Krediet: Solidariteit | Bosbokstrand
Gekopieër
Pak jou tasse – Bosbokstrand het ʼn spesiale aanbod!
Het jy al jou Bosbokstrand-vakansie bespreek? Die Oktober-vakansie is om die draai en as jy nou vir ses dae bespreek, betaal jy slegs vir vyf. Dít is ʼn aanbod wat jy nie wil misloop nie!
Stel jou voor: ʼn afgesonderde strand waar die son oor die rotse skyn terwyl die branders daarop breek, waar groot skulpe in die sand blink en vars seelug jou longe vul met meer as 240 voëlspesies wat die lug vol vlieg.
By Bosbokstrand wag ʼn wêreld van rus en avontuur op jou – van veilige swemplek in die rustige strandmeer tot lang, asemrowende staproetes wat deur digte bosse en klowe kronkel. Dit is nie net ʼn paradys vir hengelaars nie, maar ook vir gesinne en natuurliefhebbers wat ʼn plek soek waar jy werklik kan ontspan en jou batterye behoorlik kan herlaai.
Die reservaat beskerm al dekades lank sy ongerepte natuurerfenis en bied ʼn unieke stukkie vryheid vir die Afrikaanse gemeenskap – iets wat met trots deur die Solidariteit Beweging in stand gehou word. Of jy nou droom van ʼn rustige ontvlugting weg van die stad of ʼn avontuur vol ontdekking, Bosbokstrand nooi jou om te kom ontspan en asem te skep.
Moenie hierdie spesiale aanbod deur jou vingers laat glip nie! Klik hier en bespreek vandag nog jou vakansie by Bosbokstrand.
*Hierdie aanbod is slegs geldig vir Solidariteit-lede.