
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
ʼn Gratis gids vir jou en jou graad 12-kind
Deur Kyla-Ann du Toit
Van universiteitsaansoeke en finansiële studieondersteuning tot eksamens en die opwinding van die matriekafskeid – graad 12 is ʼn warrelwindjaar wat vir sommiges soos ʼn tornado kan voel. Jou kind se matriekjaar is ʼn opwindende tyd vir hulle en vir jou as ouer. Daar is egter baie onsekerheid wat in hierdie fase van julle lewens sy kop uitsteek.
Beplanning in hierdie tyd is baie belangrik en Solidariteit verstaan die uitdagings wat julle in die gesig staar. Solidariteit het ʼn volledige gratis Afrikaanse videoreeks saamgestel wat al die antwoorde op julle vrae het. Julle stap nie hierdie pad alleen nie!
Wat behels hierdie videoreeks?
Die videoreeks dien as ʼn praktiese gids wat jou en jou graad 12-kind sal help om die uitdagings van die matriekjaar met minder stres te hanteer. Die volgende temas word in die videoreeks bespreek:
- • Bestuurslisensies, matriekafskeide en eksamens
- • Hoe om slim doelwitte te stel
- • Praktiese wenke om slim te beplan
- • Slim wenke vir stresbestuur en emosionele balans
- • Belangrike datums en dokumente om byderhand te hou met jou voornemende studie se registrasieproses
- • Waarvoor staan NBT, AQL en MAT?
- • ʼn Oorbruggingsjaar en wat dit beteken
- • Die verskillende maniere waarop jy vir jou studie kan betaal
- • Hoe om ná skool te begroot
- • Wat is ʼn CV en hoekom is dit belangrik?
Hierdie temas word eenvoudig en verstaanbaar verduidelik sodat jy en jou kind die jaar met ʼn duidelike plan en selfvertroue kan aanpak.
Solidariteit stap elke tree saam met jou
By Solidariteit verstaan ons dat graad 12 nie net jou kind se mylpaal is nie, maar ook joune as ouer s’n. Dit is die jaar waarin jy jou kind wil bemagtig om ʼn suksesvolle toekoms in te gaan. Danksy hierdie gratis videoreeks het jy die gereedskap om dit reg te doen.
Klik hier om die videoreeks te begin kyk. Onthou om jou gratis profiel op Solidariteit te registreer indien jy nog nie het nie. Sodra jy ingeteken is, klik op “Skolier” in die kieslys aan die linkerkant van die tuisblad en dan op “My Hoërskoolpad”. Die videoreeks is onder “Graad 12”.