Solidariteit netwerk - Logo
Registreer nou

- -

Bepalings en Voorwaardes

1. INLEIDING

1.1) Die Solidariteit Netwerk is ‘n onafhanklike webwerf, saamgestel en gepubliseer op http://solidariteit.co.za, deur die vakbond, Solidariteit.

1.2) Die Solidariteit Netwerk is spesifiek saamgestel met die doel om dienste te lewer aan lede en ondersteuners van Solidariteit. Die gebruik van die Solidariteit Netwerk is gratis, alhoewel sekere dienste, slegs gesien en gebruik kan word, indien jy ‘n volopbetaalde lid van Solidariteit is.

1.3) Die Solidariteit Netwerk poog daarin om die gebruikers bloot te stel aan al die instellings van die Solidariteit Beweging en die betrokke voordele en dienste daarvan.

2. WAARDES

2.1) Gesprekvoering op die webwerf geskied binne ‘n bepaalde ruimte van voorkeure en die webwerf se inhoud weerspieël dit.

2.2) Christelike waarderaamwerk: Gesprekvoering vind binne ‘n Christelike raamwerk plaas en die styl en inhoud van gesprekvoering sal daardeur beïnvloed word.

2.3) Individuele vryheid: Elke mens is in die eerste plek vir hom- of haarself verantwoordelik en behoort vry van dwang te wees om sy/haar roeping na te streef.

2.4) Vrye gemeenskapsvorming: Elke mens behoort hom- of haarself in gemeenskapsverband te kan uitleef – die hoekstene van die beskawing en ‘n sinvolle lewe.

2.5) Respek aan die gesag van die tradisie: Die bewyslas vir die verwerping van ‘n gebruik of tradisie rus op die verwerper.

2.6) Aanslag: Artikels handhaaf ‘n beskaafde toon. Lesers kan die artikels uitdagend, maar tog nie uittartend vind nie.

3. BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID EN VRYWARING

3.1) Die gebruiker gebruik die webwerf op eie risiko.

3.2) Deur die gebruik van http://solidariteit.co.za of, anders genoem, Solidariteit Netwerk, gee die gebruiker Solidariteit toestemming om hom/haar te kontak op enige van die kontakbesonderhede wat tydens die skep van sy/haar gebruikersprofiel aangegee is.

3.3) Solidariteit streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop, billike en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings en kommentaar van gebruikers van hierdie webwerf is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van Solidariteit nie.

3.4) Solidariteit bied geen waarborge met betrekking tot die webwerf of die inhoud daarvan nie.

3.5) Solidariteit waarborg nie die waarheid of korrektheid van enige inligting wat op die webwerf verskyn nie. Alhoewel Solidariteit alles in sy vermoë doen om die kwaliteit en akkuraatheid van die dienste en inligting te verseker, is dit die gebruiker se verantwoordelikheid om die waarheid of korrektheid daarvan na te gaan.

3.6) Solidariteit is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ook al wat die gebruiker mag ly of aangaan as gevolg van sy/haar toegang tot of gebruik van enige inligting vervat op die webwerf nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:

  • foutiewe inligting vervat op die webblad;
  • ongemagtigde toegang tot of wysiging van die webblad deur ‘n derde party;
  • die onbeskikbaarheid van die webblad;
  • die vernietiging van die gebruiker se data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaartoerusting van ‘n derde party wat die gebruiker gebruik het om toegang tot die webblad te verkry;
  • Skakeling of handeldrywing met of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op Solidariteit Wêreld.

3.7) Die gebruiker vrywaar Solidariteit teen enige aanmaning, eis of regsaksie wat teen Solidariteit en/of die instellings van die Solidariteit Beweging ingestel word wat direk of indirek voortvloei uit die gebruiker se gebruik van, deelname tot, of toegang tot hierdie webwerf.

3.8) Solidariteit behou die reg voor om die webwerf en/of die inhoud daarvan op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.

3.9) Solidariteit behou die reg voor om enige inhoud wat op die platform gedeel word en enige van ons beleide of riglyne oortree, te modereer, te verwyder, of te sensureer. Ons behou ook die reg voor om die rekeninge van gebruikers wat hierdie reëls herhaaldelik oortree, te skors of te beëindig.

3.10) Die gebruiker is self verantwoordelik vir enige inhoud wat die gebruiker aan Solidariteit stuur, op die webwerf laai of deur middel van Solidariteit aan ‘n derde party aanstuur.

3.11) Deur inhoud op Solidariteit Netwerk op te laai of te deel, bevestig gebruikers dat hulle die regte tot hierdie inhoud het en dit oortree geen wette of inbreuk maak op kopiereg, handelsmerke, of ander intellektuele eiendomsregte nie. Gebruikers is uitsluitlik aanspreeklik vir die inhoud wat hulle deel en enige oortredings wat dit mag meebring.

3.12) Solidariteit sal nie verantwoordelik gehou word vir die verlies van enige inhoud wat die gebruiker op die webblad laai of deur die webblad aangestuur is nie en dit is die gebruiker se eie verantwoordelikheid om self ‘n reserwekopie te maak.

3.13) Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, erken en aanvaar die gebruiker dat wanneer hy/sy enige publikasie, kommentaar, inligting of enige ander bydrae op die webwerf plaas, dit as gevolg van laster moontlik tot moontlike benadeling kan lei deur ander gebruikers van Solidariteit Wêreld wat op die webblad publiseer.

3.14) Sonder om afbreuk aan die voorafgaande te doen, vrywaar die gebruiker Solidariteit voorts teen enige lastereis wat die gebruiker moontlik teen ‘n ander Solidariteit Wêreld-gebruiker kan instel of wat deur sulke ander gebruikers teen hom/haar ingestel kan word.

4. PRIVAATHEID

4.1) Solidariteit is toegewyd aan die beskerming van u privaatheid. Persoonlike data wat van gebruikers ingesamel word, soos kontakinligting wat tydens profiel skepping verskaf is, sal hanteer word in ooreenstemming met ons Privaatheidsbeleid, wat in detail beskryf hoe ons gebruikersdata versamel, gebruik, en beskerm.

4.2) Die gebruiker gee toestemming dat Solidariteit sy/haar persoonlike inligting mag insamel wat die gebruiker aan ons bekend maak deur die webwerf te gebruik. Deurdat die gebruiker inligting op die webwerf laai, stem die gebruiker in dat Solidariteit kragtens hierdie bepalings en voorwaardes die inligting mag versamel, prosesseer, en stoor. Hierdie toestemming word geag volledige toestemming kragtens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 13 van 2013 te wees.

4.3) Solidariteit kan sodanige persoonlike inligting gebruik vir doeleindes van bemarking van produkte binne die Solidariteit Beweging en vennote, asook om die funksionaliteit van die webblad te verbeter. Die gerbruiker gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat hy of sy deur Instellings binne die Solidariteit Beweging gekontak kan word om produkte en dienste bekend te stel en dat sy of haar persoonlike inligting vir historiese, statistiese en navorsingsdoeleindes gebruik mag word.

4.4) Solidariteit sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is en dienste op die webwerf lewer. Hierdie is derde partye wat duidelik op die webwerf aangedui is op die spesifieke portaal waar die gebruiker sy/haar inligting deel.

4.5) Solidariteit sal nie die gebruiker se inligting met enige ander party, wat nie ‘n vennoot van die webwerf is nie, deel sonder om vooraf die gebruiker se toestemming te verkry nie, tensy Solidariteit ingevolge die heersende reg verplig is om dit te doen, indien dit nodig is om die webblad te bedryf of as dit in openbare belang is om die inligting vry te stel.

4.6) Die gebruiker gee hiermee toestemming dat Solidariteit sy/haar persoonlike inligting aan die webwerf se diensverskaffers en vennote mag gee ten einde die webblad te bedryf.

4.7) Koekies (cookies): ‘n Koekie, ook bekend as ‘n HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ‘n klein hoeveelheid data wat van ‘n webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik.

4.8) Elke keer as die gebruiker die webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig.

4.9) Koekies is ‘n betroubare instrument by die ontwerp van webwerwe om inligting op ‘n staat (soos items in ‘n e-inkopiewaentjie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê. Solidariteit Wêreld gebruik sulke koekies.

4.10) Die gebruiker aanvaar die inhoud van paragrawe 4.6 – 4.8 hierbo.

5. KOPIEREG

5.1) Die kopiereg en alle ander immateriële goedereregte van die webblad, insluitend die uitleg, ontwerp, kentekens, grafika en multimedia-werke wat daarop verskyn, behoort aan Solidariteit tensy sodanige regte uitdruklik deur die outeur voorbehou is alvorens dit op die webblad gepubliseer is.

5.2) Die gebruiker mag sodanige werke besigtig, uitdruk en een kopie daarvan op sy/haar hardeskyf maak, mits:

  • dit vir persoonlike gebruik is en nie vir enige kommersiële doel aangewend word nie;
  • die gebruiker op alle kopieë ‘n weergawe van ons kopiereg-kennisgewing vertoon;
  • die gebruiker nie die werke op sodanige wyse verander tot nadeel van Solidariteit nie.

5.3) Sonder om afbreuk te doen aan die bepalings vervat in paragraaf 5.1 hierbo, bevestig Solidariteit dat die kopiereg in bydraes, artikels en ander literêre werke wat deur die gebruiker geskep is en aan Solidariteit gestuur word aan die gebruiker behoort. Sodra die gebruiker enige artikels, bydraes of ander literêre werke op die webblad plaas, gee die gebruiker daarmee saam ook vir Solidariteit ‘n oordraagbare, ewigdurende, wêreldwye en tantième-vrye lisensie om die werke vir plasing op Solidariteit Netwerk te gebruik.

5.4) Indien die intellektuele eiendom van materiaal wat deur ‘n gebruiker aangebied word vir plasing op die webblad aan ‘n derde party behoort, onderneem die gebruiker om Solidariteit daarvan in kennis te stel en vrywaar die gebruiker Solidariteit teen enige eis wat die eienaar van daardie intellektuele eiendomsregte teen Solidariteit kan instel.

5.5) Die handelsmerke en kentekens op Solidariteit Netwerk is die geregistreerde, en waar toepaslik, die nie-geregistreerde, handelsmerke van Solidariteit. Niks op die webwerf mag so geïnterpreteer word om te beteken dat die gebruiker ‘n lisensie of die reg verkry om enige handelsmerk sonder Solidariteit se toestemming te gebruik nie.

6. INHOUDSBESTUUR

6.1) Die Solidariteit Netwerk maak van tyd tot tyd gebruik van die praktyk van samevoeging (aggregation’) van inhoud deur inligting wat van ander bronne versamel is, te herpubliseer.

6.2) Saamgevoegde inhoud word altyd herskryf deur Solidariteit se joernaliste.

6.3) Waar moontlik word nuwe inligting bygewerk.

6.4) Die oorspronklike bron van saamgevoegde inhoud word altyd aangedui, met ‘n aktiewe skakel na die oorspronklike bron se artikel.

6.5) Die diskresie om te besluit watter inhoud op die Solidariteit Netwerk geplaas word, berus uitsluitlik by Solidariteit.

6.6) Wanneer inhoud van ander bronne gebruik word, sal Solidariteit seker maak dat dit voldoen aan kopiereg wette en waar nodig, toestemming van die oorspronklike bron verkry.

6.7) Solidariteit onderneem om redelike stappe te neem om die akkuraatheid van saamgevoegde inhoud te verifieer voor publikasie.

6.8) Indien saamgevoegde inhoud na publikasie gewysig of opgedateer word, sal Solidariteit duidelik aandui dat veranderinge aangebring is en die aard van sodanige veranderinge.

6.9) Gebruikers van die Solidariteit Netwerk word aangemoedig om enige foute of bekommernisse met betrekking tot saamgevoegde inhoud aan Solidariteit te rapporteer.

7. SKAKELS NA DERDE PARTYE

7.1) Die webwerf bevat skakels na ander webwerwe met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Solidariteit kan geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sodanige webwerwe nie.

7.2) ‘n Skakel op die Solidariteit Netwerk na ‘n ander webwerf beteken nie dat Solidariteit die inhoud van daardie webwerf nagegaan het nie en dit beteken ook nie dat Solidariteit daardie inhoud goedkeur nie.

7.3) Solidariteit is nie verantwoordelik vir die sekuriteitspraktyke of privaatheidbeleid van enige derde party webwerwe waarna daar geskakel word nie. Gebruikers moet die privaatheidbeleid en sekuriteitsterme van sodanige webwerwe nagaan.

7.4) Gebruikers stem in dat hulle Solidariteit vrywaar van enige aanspreeklikheid, direk of indirek, wat mag ontstaan as gevolg van die gebruik van inhoud, dienste, of enige ander materiaal wat op of deur ‘n derde party webwerf verkry is.

8. DEELNAME DEUR LESERS

8.1) Enige gebruiker is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan Solidariteit Netwerk, welke kommentaar egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.

8.2) Gebruikers word gekoppel aan ‘n elektroniese profiel.

8.3) Gebruikers mag slegs een profiel op Solidariteit Netwerk bedryf.

8.4) Gebruikers se kommentaar word outomaties en onveranderd op Solidariteit Netwerk geplaas soos wat dit gelewer word.

8.5) Kommentaar moet pas by die beskaafde toon en waardestelsel van Solidariteit Netwerk.

8.6) Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante, uitlokkende stellings (“trolling” of “flaming”), word nie toegelaat nie.

8.7) Agtervolging van mede-kommentators (“stalking”) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en in die weg te staan van sinvolle reaksie op daardie kommentators word nie toegelaat nie.

8.8) Herhaaldelike plasing van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.

8.9) Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, word nie toegelaat nie.

8.10) Ander lesers, gebruikers en kommentators mag nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.

8.11) Kommentaar moet relevant wees tot die artikel waarop kommentaar gelewer word.

8.12) Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru of vuil taalgebruik insluit, of lasterlik of Godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.

8.13) Die suksesvolle plasing van kommentaar is onderhewig aan ‘n outomatiese siftingsproses gebaseer op ‘n vooraf vasgestelde lys ongewenste en onaanvaarbare woorde en frases.

8.14) Skakeling, handeldrywing of prysvasstelling met, of gebruik van dienste van ‘n onafhanklike diensverskaffer of adverteerder op Solidariteit Wêreld bly die uitsluitlike verantwoordelikheid van die gebruiker.

8.15) Solidariteit sal nie as middelman of agent van enige gebruiker van die Solidariteit Netwerk of onafhanklike diensverskaffer of adverteerder optree nie.

8.16) Deur die Solidariteit Netwerk of enige gedeelte daarvan, ingesluit maar nie beperk tot portale, Solidariteit se Facebook-bladsy en die blogs nie, of die Solidariteit-nuusbrief (gesamentlik die "webwerf"), te gebruik, verbind die gebruiker hom-/haarself aan die gebruiksvoorwaardes soos hier uiteengesit. Die gebruiksvoorwaardes tree in werking op die tydstip wanneer die gebruiker die webblad vir die eerste keer gebruik en vorm ‘n ewigdurende ooreenkoms tussen die gebruiker en Solidariteit.

8.17) Indien gebruikers hulself nie wil laat bind deur die bepalings en voorwaardes, soos hierin uiteengesit is nie, moet hulle hulself daarvan weerhou om die webwerf te besoek, te gebruik en/of om bydraes te lewer.

8.18) Solidariteit Netwerk hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat ons insiens nie onderhewig is aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.

8.19) Die gebruiker hoef nie in kennis gestel te word indien sy/haar kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Solidariteit Netwerk verskaf te word nie.

9. KLAGTES

9.1) Indien enige gebruiker ‘n klagte/grief oor ‘n ander gebruiker se kommentaar en/of profiel indien, sal dit deur Solidariteit Netwerk ondersoek word.

9.2) Die voorkeurmeganisme vir kommentaar- en profielbeheer is die oordeel van ander gebruikers wat onvanpaste kommentaar en/of profiele aanmeld met behulp van die ingeboude klagtemeganisme.

9.3) Die funksionaliteit waarmee klagtes aan Solidariteit Netwerk gerig kan word, is geleë in die Kommentaar-blokkie onderaan elke artikel, by die skakel “Rapporteer”.

9.4) Kommentaar waaroor ‘n sekere aantal klagtes ontvang is, soos van tyd tot tyd deur die redaksie bepaal, word normaalweg verwyder.

9.5) Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs in die afwesigheid van klagtes van ander gebruikers, word na meriete beoordeel.

9.6) Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar die gebruikers dat hul kommentare en/of profiele gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings en voorwaardes voldoen nie.

9.7) Indien ‘n gebruiker hom-/haarself herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, kan hy/sy ingevolge klousule 8.18 hierbo, permanent geblokkeer word om weer op Solidariteit Wêreld kommentaar te lewer of om ‘n profiel te skep.

9.8) Gebruikers het die reg om ‘n appèl aan te teken of ‘n teenklagte in te dien as hulle voel dat hulle kommentaar onbillik verwyder is of as hulle onbillik deur Solidariteit Netwerk behandel is. Om ‘n appèl of teenklagte in te dien, moet die gebruiker ‘n gemotiveerde skrywe aan die Solidariteit Netwerk administrasie stuur, wat duidelik die redes vir die appèl of teenklagte uiteensit.

10. ALGEMEEN

10.1) Solidariteit mag die bepalings en voorwaardes van die Solidariteit Netwerk te enige tyd wysig. Deur die webblad te besigtig, verbind die gebruiker hom-/haarself tot die jongste weergawe van die bepalings en voorwaardes.

10.2) Die gebruiker besef dat dit sy/haar plig is om vertroud te wees met die jongste weergawe van die Solidariteit Netwerk se bepalings en voorwaardes.

10.3) Solidariteit is as ‘n vakbond geregistreer ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (soos gewysig) en is dus slegs by magte om arbeidsregsake, wat een van die lidmaatskapvoordele is wat die vakbond bied, te behartig.

10.4) Alle regsake van lede wat buite die arbeidsregtelike sfeer val, kan deur onafhanklike diensverskaffers op die Solidariteit Netwerk hanteer word. Die gebruik van een van hierdie diensverskaffers maak nie deel uit van die ledevoordele van Solidariteit nie.

10.5) Solidariteit Regsdienste is nie gebonde aan die advies en artikels wat op die blad gepubliseer word nie. Wanneer die gebruiker ‘n artikel lees, moet daar gekyk word na die publikasiedatum ten einde die gebruiker in staat te stel om hom/haarself te vergewis van die jongste regsposisie.

10.6) Geen ander bepaling of voorwaarde vir die gebruik van die webwerf behalwe die nuutste weergawe op die webwerf sal as bindend beskou word nie en die gebruiker verbind hom/haarself onherroeplik hiertoe.

10.7) Indien ‘n dispuut oor die inhoud van die jongste gebruiksvoorwaardes sou ontstaan, sal die besluit van Solidariteit in die verband finaal wees.

11. KOEKIES EN PRIVAATHEIDSBELEID

11.1) Solidariteit Netwerk kan gebruik maak van koekies en ander soortgelyke tegnologieë om die gebruikerservaring op die webwerf te verbeter en om gepersonaliseerde inhoud en advertensies aan te bied. Deur die webwerf te gebruik, stem die gebruiker in tot die gebruik van koekies in ooreenstemming met Solidariteit Netwerk se privaatheidsbeleid. Gebruikers word aangemoedig om Solidariteit Netwerk se privaatheidsbeleid gereeld te hersien om op hoogte te bly van hoe hul persoonlike inligting beskerm en gebruik word.

12. PAIA art 51

12.1) Klik hier om meer te lees.

13. SUB AFDELINGS OP SOLIDARITEIT NETWERK

13.1) WERK

13.1) Werk is ʼn produk wat Solidariteit aan werksoekers en werkgewers bied waardeur:

13.1) werksoekers hul CV’s kan plaas sodat werkgewers toegang daartoe het om sifting te doen en geskikte werksoekers vir werksonderhoude te nooi en,

13.1) werkgewers vakante poste kan adverteer sodat werksoekers vir vakante poste kan aansoek doen.

13.1) Enige verbintenis wat ʼn werkgewer met ʼn werksoeker aangaan, is tussen daardie werkgewer en ʼn werksoeker en nie met Solidariteit nie en daar berus geen aanspreeklikheid op Solidariteit teenoor die werkgewer en/of die werksoeker nie.

13.1) Solidariteit gee nie enige waarborg of onderneming, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, skriftelik of mondelings, oor die inhoud en akkuraatheid van CV’s nie.

13.1) Solidariteit gee nie enige waarborg of onderneming, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, skriftelik of mondelings, oor die inhoud en akkuraatheid van ʼn advertensie of werkgewerbesonderhede nie.

13.1) Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die bemarking of die beskikbaarstelling van inligting rakende advertensies van vakante poste nie.

13.1) Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van inligting wat in ʼn werksoeker se CV verskaf word nie.

13.1) Die werksoekers en werkgewers het geen eis teen Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel of agente wat uit die gebruikmaking van die Werk-platform voortspruit of daarmee verband hou nie, hetsy ʼn ooreenkoms tussen die werksoekers en werkgewers aangegaan is, of nie.

13.1) Die werksoekers en werkgewers vrywaar Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel of agente teen alle verliese, wat direk of indirek voortspruit uit, of in verband staan met die gebruik van die Werk-platform.

13.1) Werk is slegs toeganklik vir werksoekers en werkgewers wat vooraf op die platform registreer.

13.1) Die werksoeker sowel as die werkgewer sal voor toelating tot die Werk-platform die bepalings en voorwaardes moet aanvaar.

13.1) Solidariteit behou die reg voor om hierdie Werk-platforms te enige tyd te wysig, te skrap, uit te brei, te beperk of ʼn tydsduur daaraan te koppel.

13.1) Die werksoeker is bewus daarvan en stem toe dat werkgewers die werksoeker se persoonlike inligting bekom en verwerk.

13.1) Die werkgewer stem toe om, by die verkryging van persoonlike inligting op die Werk-platform, te voldoen aan die bepalings van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (No. 4 van 2013) en die persoonlike inligting slegs te gebruik vir die doel waarvoor die persoonlike inligting op die Werk-platform geplaas is.

13.1) Werksoekers en werkgewers gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat hulle deur instellings binne die Solidariteit Beweging gekontak kan word om produkte en dienste aan hulle te bemark.

13.1) Werk doen alles in sy vermoë om te verseker dat persoonlike inligting streng vertroulik hanteer word. Werksoekers sal Werk egter nie aanspreeklik hou indien hul CV’s onwettig vanaf die Werk-platform bywyse van ongemagtigde middele bekom en / of sonder toestemming versprei word nie.

13.1) Terwyl Werk voorsorgmaatreëls tref om te verseker dat die Werk-webwerf vry van virusse is, kan Werk nie waarborg dat lêers wat gelaai word om via die webwerf gebruik te word of per e-pos deur die webwerf afgelaai word vry is van virusse en/of ander skadelike programme nie. Werksoekers en werkgewers is verantwoordelik vir die implementering van voldoende beskermende sagteware op hul stelsels wat hul spesifieke databeveiligingsvereistes sal bevredig en om self te sorg vir rugsteun (back-up) van data indien data verlore sou gaan.

13.1) Werksoekers stem in om voorsorgmaatreëls te tref om te verseker dat hul CV op Werk vry is van virusse of ander skadelike programme.

13.1) Werk behou die reg voor om enige CV of advertensie te verwerp, van sy webblad te verwyder en enige registrasie te kanselleer.

13.1) Werksoekers of werkgewers moet Werk onmiddellik in kennis stel indien dit waarskynlik is of bekend word dat iemand wat nie daartoe gemagtig is nie, hul wagwoord of gebruikersnaam gebruik, of as dit op enige ongemagtigde wyse gebruik word of waarskynlik gebruik sal word.

13.1) Werksoekers mag slegs hul eie CV op die Werk-platform plaas.

13.1) Geen vergunning, uitstel of ander toegewing wat Solidariteit aan werksoekers en werkgewers mag gee ten opsigte van die nakoming van enige verpligting ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes, word onder enige omstandighede geag ‘n geïmpliseerde toestemming of uitoefening van afstanddoening daarvan te wees nie en raak nie op enige wyse enige regte van Solidariteit kragtens, of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes nie, en stop of weerhou Solidariteit nie van die afdwinging van streng en stiptelike voldoening hiervan nie.

13.2) LEER

13.2) Aansoekers moet voor registrasie vir ’n kursus, ’n profiel op ‘Leer’ skep waarna registrasie, hetsy dit vir ’n seminaar, webinaar of e-leer is, op die profiel kan plaasvind. Geen registrasie sal sonder ’n individuele ‘Leer’-profiel kan plaasvind nie.

13.2) Die gebruiker gee toestemming dat Solidariteit sy/haar persoonlike inligting mag insamel wat die gebruiker aan ons bekend maak deur die webwerf te gebruik.

13.2) Solidariteit kan sodanige persoonlike inligting gebruik vir doeleindes van bemarking van produkte binne die Solidariteit Beweging en vennote, asook om die funksionaliteit van die webblad te verbeter. Die Verbruiker gee by aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes toestemming dat hy of sy deur Instellings binne die Solidariteit Beweging gekontak kan word om produkte en dienste bekend te stel en dat sy of haar persoonlike inligting vir historiese, statistiese en navorsingsdoeleindes gebruik mag word.

13.2) Solidariteit sal slegs die gebruiker se persoonlike inligting met derde partye deel wat gekeur is en dienste op die webwerf lewer. Hierdie is derde partye wat duidelik op die webwerf aangedui is op die spesifieke portaal waar die gebruiker sy/haar inligting deel.

13.2) Solidariteit sal nie die gebruiker se inligting met enige ander party, wat nie ʼn vennoot van die webwerf is nie, deel sonder om vooraf die gebruiker se toestemming te verkry nie, tensy Solidariteit ingevolge die heersende reg verplig is om dit te doen, indien dit nodig is om die webblad te bedryf of as dit in openbare belang is om die inligting vry te stel.

13.2) Die gebruiker gee hiermee toestemming dat Solidariteit sy/haar persoonlike inligting aan die webwerf se diensverskaffers en vennote mag gee ten einde die webblad te bedryf.

13.2) Koekies (cookies): ʼn Koekie, ook bekend as ʼn HTTP-koekie, webkoekie, of blaaierkoekie, is ʼn klein hoeveelheid data wat van ʼn webwerf af gestuur word en in die gebruiker se webblaaier gestoor word terwyl die gebruiker die webwerf gebruik.

13.2) Elke keer as die gebruiker die webwerf besoek, stuur die blaaier die koekie na die bediener terug om die webwerf van die gebruiker se vorige aktiwiteit te verwittig.

13.2) Koekies is ʼn betroubare instrument by die ontwerp van webwerwe om inligting op ʼn staat (soos items in ʼn e-inkopiewaentjie) te onthou of om die gebruiker se blaai-aktiwiteite (insluitend klikke op spesifieke knoppies, intekening, of die bladsye wat maande of jare gelede deur die gebruiker besoek is) vas te lê. Solidariteit Wêreld gebruik sulke koekies.

13.2) Die gebruiker aanvaar die inhoud van paragrawe 4.6 – 4.8 hierbo.

13.2) Kursusfooi

13.2) Die aangeduide kursusfooi is binne sewe (7) werksdae, vóór die aanvang van die kursus, betaalbaar. ‘Leer’ behou die reg voor om die kursusfooi te verander. Indien dit verander word, sal die verandering op die elektroniese platform aangetoon word. Indien ʼn volle betaling gemaak is voor die verandering van die kursusfooi, sal die nuwe kursusfooi nie van toepassing wees nie. Geen persoon sal toegelaat word om aan enige kursus deel te neem as volle betaling van die kursusfooi nie deur ‘Leer’ ontvang is nie.

13.2) Afslag vir Solidariteit-lede

13.2) Alle volopbetaalde lede van die vakbond Solidariteit, kwalifiseer vir afslag by ‘Leer’. Om vir die afslag by ‘Leer’ te kwalifiseer, sal die volgende bepalings en voorwaardes geld:

13.2) Die aansoeker moet ’n volopbetaalde lid van die Vakbond wees, waarvan ten minste een (1) maand se ledegeld ontvang is. ’n Lid bly ’n volwaardige lid solank as wat lidmaatskapgelde tot op datum betaal is, of totdat lidmaatskap ingevolge die Vakbond se grondwet of die bepalings en voorwaardes van die vakbond beëindig word.

13.2) Geen aansoeker of lid mag ledegeld vooruit of terugwerkend betaal, met die uitsluitlike doel om vir die afslag te kwalifiseer nie.

13.2) Slegs lede wat langer as een (1) maand lid is, sal vir die afslag kwalifiseer.

13.2) Lidmaatskap sal deur ‘Leer’ nagegaan word, voor die afslag bevestig word.

13.2) Die afslag geld sleg vir lede wat sélf vir ’n kursus registreer; geen oordrag aan familielede of vriende sal van toepassing wees nie.

13.2) Betaling van die kursusfooi geskied deur PayFast op die aansoeker se profiel, of deur debiet-/kredietkaart.

13.2) In die geval van betaling per debiet-/kredietkaart moet bewys van betaling per e-pos aan ‘Leer’ vir bevestiging gestuur word.

13.2) Groepregistrasie kan met vooraf goedkeuringper elektroniese oordrag (“EFT”) geskied.

13.2) Kansellasie van registrasie moet skriftelik hanteer word. Daar sal wel ’n kansellasiefooi van toepassing wees.

13.2) Indien die geregistreerde persoon kennis van kansellasie vir ’n seminaar gee, sal die kursusfooi oorgeskuif word na die volgende beskikbare seminaar. Indien daar nie ’n seminaar beskikbaar is nie, sal daar ’n krediet op die individu se profiel geplaas word om aan te wend vir registrasie vir ’n ander kursus, of die kursusfooi sal terugbetaal word. In beide gevalle sal die volgende persentasie van die kursusfooi verbeur word:

13.2) 14 dae of meer voor die kursus – 10% van die kursusfooi

13.2) 5 tot 13 dae voor die kursus – 30% van die kursusfooi

13.2) 1 tot 4 dae voor die kursus – 60% van die kursusfooI

13.2) Indien geen kansellasie ontvang word nie of kansellasie vind op die dag van die kursus plaas en die kursus word nie bygewoon nie, sal 100% van die kursusfooi verbeur word.

13.2) Indien die geregistreerde persoon voor die kursus tot sterwe kom, sal die volle kursusfooi aan die afgestorwene se boedel uitbetaal word.

13.2) Indien die geregistreerde persoon ten tye van die kursus gehospitaliseer is sal daar ’n krediet op die individu se profiel geplaas word, wat aangewend kan word vir die registrasie van ’n ander kursus óf die kursusfooi sal ten volle terugbetaal word.

13.2) Indien die e-leer-kursus reeds bespreek en bevestig is, en toegang tot e-leer verkry is, sal daar geen kansellasie aanvaar word nie én sal die leerder die volle registrasiekoste verbeur.

13.2) Geen uitstel vir voltooiing sal gegee word nie. Die kursus mag herhaal word en sal sodanig as ’n nuwe aansoek hanteer word.

13.2) Indien daar reeds vir die webinaar geregistreer is, sal geen kansellasie aanvaar word nie. Daar sal wel ’n geleentheid gebied word om dit op ’n ander geleentheid te kyk, maar daar sal nie ’n groepbespreking wees nie en die groepbespreking wat wel plaasgevind het, sal nie beskikbaar gestel word nie.

13.2) ‘Leer’ behou die reg voor om enige kursus te kanselleer of uit te stel.

13.2) Indien ’n kursus gekanselleer word, sal daar ’n krediet op die individu se profiel geplaas word wat aangewend kan word vir registrasie vir ’n ander kursus óf die kursusfooi sal ten volle terugbetaal word.

13.2) Indien die kursus uitgestel word, sal die kursusfooi oorgedra word na die volgende beskikbare datum. Indien daar nie ’n kursus beskikbaar is nie, sal daar ’n krediet op die individu se profiel geplaas word, wat aangewend kan word vir die registrasie van ’n ander kursus óf die kursusfooi sal ten volle terugbetaal word.

13.2) Indien ’n kursus uitgestel of gekanselleer word as gevolg van ‘n gebeurtenis buite die beheer van ‘Leer’ en welke gebeurtenis nie redelikerwys voorkom kon word nie sal die kursusfooi oorgedra word na die volgende beskikbare datum deur ’n krediet op die individu se profiel te plaas wat aangewend kan word vir registrasie vir die daaropvolgende kursus, of ’n ander kursus, en die kursusfooi sal nie terugbetaal word nie.

13.2) ‘Leer’ behou die reg voor om die kursusinhoud of aanbieder sonder kennisgewing of aanspreeklikheid te wysig.

13.2) Wysiging van die kursusinhoud sluit nie die wysiging van die kursusonderwerp in nie.

13.2) Geen plaasvervanger sal in die plek van die persoon wat oorspronklik vir die kursus geregistreer het, toegelaat word nie. Die bepalings ingevolge klousule 4 sal van toepassing wees.

13.2) Geen krediet op ‘n individu se profiel sal na ‘n plaasvervanger vir registrasie oorgedra word nie.

13.2) Enige leerder met spesiale behoeftes, byvoorbeeld ’n gestremdheid, moet dit tydens registrasie aandui. ‘Leer’ sal redelike pogings aanwend om vir sodanige leerder voorsiening te maak.

13.2) ‘Leer’ is nie aanspreeklik nie en die leerder vrywaar ‘Leer’ van enige eis vir vergoeding ten opsigte van sodanige vervoer-, verblyf- en ete-uitgawes of addisionele uitgawes deur die leerder aangegaan indien ’n kursus gekanselleer of uitgestel word.

13.2) Die kursusmateriaal mag nie op enige wyse gedupliseer, versprei of gepubliseer word nie.

13.2) Kursusmateriaal bly die intellektuele eiendom van ‘Leer’ en mag op geen wyse gedupliseer, versprei, gepubliseer of aangebied word nie.

13.2) Aangesien die leerder vir sekere kursusse Voortgesette Professionele Ontwikkeling punte (VPO punte) kan verdien en die registrasie van VPO punte deur derde party instellings hanteer word moet ‘Leer’ persoonlike inligting van die leerder aan die derde party instellings verskaf sodat die VPO punte teenoor die leerder se naam geregistreer kan word.

13.2) Die leerder magtig ‘Leer’ om die leerder se persoonlike inligting vir doeleindes van VPO punte aan die derde party instellings bekend te maak.

13.2) Die leerder vrywaar ‘Leer’, personeel van ‘Leer’ en enige agent, verteenwoordiger of diensverskaffer van ‘Leer’ teen enige beserings, skade of verlies wat die leerder mag opdoen gedurende enige tydperk wat met die kursus verband hou.

13.3) LOOPBAANKOMPAS

13.3.1) Solidariteit het vir lede van Solidariteit en Solidariteit Jeug ’n maksimumprys beding vir die Loopbaankompas-pakket, wat ons aan gebruikers van die Loopbaankompas beskikbaar sal stel. Die maksimum koste van hierdie pakket sal op die Loopbaankompas bemark word, en hierdie bedrag sal jaarliks hersien word.

13.3.2) Die bedryfsielkundiges, psigometriste en opvoedkundige sielkundiges op die Loopbaankompas is onafhanklike diensverskaffers, en is nie werknemers of agente van Solidariteit nie.

13.3.3) Hierdie diens word deur derde partye (hierna verwys as ’n diensverskaffer) aangebied. Enige verbintenis wat ’n lid met ’n diensverskaffer aangaan is tussen daardie lid en die diensverskaffer, en nie met Solidariteit nie. Dus is daar geen aanspreeklikheid van Solidariteit teenoor die lid nie.

13.3.4) Die diensverskaffer kan geen ooreenkom namens Solidariteit aangaan nie. Die diensverskaffer kan nie enige voorstelling of waarborge gee wat ’n verpligting op Solidariteit plaas nie.

13.3.5) Solidariteit gee nie enige waarborg of onderneming, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, skriftelik of mondelings oor die diens, die gehalte van toetse of konsultasie nie.

13.3.6) Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die bemarking of die beskikbaarstelling van inligting rakende die potensiële diens nie.

13.3.7) Solidariteit aanvaar geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van inligting wat deur die diensverskaffer aan die lid verskaf word nie.

13.3.8) Die lid het geen eis teen Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel- beamptes of agent wat uit die ooreenkoms met die diensverskaffer voortspruit of verband hou nie, hetsy ’n ooreenkoms wat tussen die lid en die diensverskaffer aangegaan is of nie.

13.3.9) Die lid vrywaar Solidariteit, sy bestuur, werknemers, ondersteuningspersoneel- beamptes of agent, teen alle verliese, eise (insluitend, sonder beperking, skade, besering, dood, aanspreeklikheid en derdepartye), eise vir koste, koste en uitgawes van enige aard (insluitend, sonder beperking, redelike prokureursfooie) wat direk of indirek voortspruit of in verband staan met die ooreenkoms tussen die lid en die diensverskaffer hetsy ’n ooreenkoms tussen die lid en die diensverskaffer aangegaan is of nie.

13.3.10) Hierdie diens is slegs vir opbetaalde lede van Solidariteit en Solidariteit Jeug-lede beskikbaar.

13.3.11) Solidariteit behou die reg voor om ter enige tyd hierdie aanbieding van die diensverskaffer op die Solidariteit-platforms te wysig, te skrap, uit te brei, te beperk of ’n tydsduur daaraan te koppel.

13.3.12) Geen vergunning, uitstel of ander toegewing wat Solidariteit aan die lid mag gee ten opsigte van die nakoming van enige verpligting ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes, word onder enige omstandighede geag ’n geïmpliseerde toestemming of uitoefening van afstanddoening daarvan te wees nie en raak nie op enige wyse enige regte van Solidariteit kragtens, of voortspruitend uit hierdie bepalings en voorwaardes nie, en stop of weerhou nie Solidariteit van die afdwinging van streng en stiptelike voldoening hiervan nie.

13.3.13) Indien ’n lid minderjarig is moet uitdruklike toestemming van die voog van die minderjarige aan die diensverskaffer verskaf word alvorens hierdie diens aan die lid beskikbaar gestel kan word en sal die bepalings en voorwaardes, soos hier uiteengesit, ook op die voog van toepassing wees.

Reeds ’n profiel? Teken in.