
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
MyHartland: Jou virtuele kultuurtuiste
Deur Leré Nel
In ʼn wêreld waar grense al hoe meer vervaag, het Afrikaners iets nodig wat hulle oor vastelande heen kan verbind. Dit is wat MyHartland bied – ʼn unieke, virtuele tuiste waar jy jou erfenis, kultuur en gemeenskap kan beleef, ongeag waar jy in die wêreld is.
MyHartland, ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging, het ontstaan uit die droom om Afrikaners wêreldwyd aan mekaar te verbind en ʼn “hartland sonder grense” te bou. Hier kan jy jou wortels herontdek, nuwe vriende maak en saam met ander “burgers” ’n verskil maak.
’n Gemeenskap sonder grense
As burger van MyHartland bou jy nie net ’n lewende band met jou erfenis en jou mense nie, maar jy dra ook by tot kultuurprojekte en gemeenskapsinisiatiewe in Suid-Afrika. Of dit nou deur ʼn finansiële bydrae is (groot of klein) of bloot deur jou ondersteuning, help elke burger om die Afrikanerkultuur en -identiteit te versterk.
Dié platform bied verskeie afdelings wat jou sal laat voel asof jy weer in jou hartland is:
- Afrikaanse kultuurhuis: Hier kan jy inspirasie, virtuele feeste en geleenthede vind wat jou met jou geskiedenis, taal en kultuur verbind.
- Boerekos: Hier kan jy eg Suid-Afrikaanse resepte vind en deel. Al lyk die buiteland nie soos die huis nie, kan dit ten minste so proe!
- My Gemeenskap: Hier kan jy ander Afrikaners van regoor die wêreld ontmoet, stories deel en lees, en raad kry.
- Kinderhoekie: ʼn Vrolike speelplek vir kinders met Afrikaanse stories, speletjies en liedjies.
- Werk: Hier kan jy poste kry en adverteer en ook met ander Afrikaners netwerk.
- Entrepreneurs: Hier kan jy Afrikaanse entrepreneurs en besighede ondersteun, asook diensverskaffers naby jou vind.
- Nuus: Bly op hoogte van die jongste nuus in Suid-Afrika en Afrikanergemeenskappe wêreldwyd.
Word deel van die beweging
Net omdat jy “alleen” in die buiteland is, beteken dit nie jy hoef geïsoleerd te wees nie. Word deel van MyHartland deur ʼn gratis profiel te skep. Verken die platform en word ʼn burger deur ʼn bydrae te maak. Jy kan selfs ʼn elektroniese burgerskapsertifikaat ontvang.
Nooi ook jou familie en vriende om dié reis saam met jou aan te pak, of hulle nou in Suid-Afrika is of aan die ander kant van die wêreld.
Met MyHartland bou ons saam aan ʼn toekoms waar ons kultuur, taal en gemeenskapsbande nie deur grense beperk word nie.
Word vandag nog ʼn burger van MyHartland en help bou aan ’n hartland sonder grense.