loading
Artikels
4 dae gelede
studiebefondsing-webinaar-bewaar-jou-kind-se-toekomsdrome

Foto Krediet: Solidariteit

#Studiebefondsing-webinaar: Bewaar jou kind se toekomsdrome

Deur Kyla-Ann du Toit

Uitgawes vir jou kind se studiedrome kan vinnig ophoop. Daarom is dit nie meer genoeg om eers “nader aan die tyd” aan finansiering vir jou kind se studie te begin dink nie. Jy moet reeds vandag begin beplan! Solidariteit wil jou uitnooi om op 22 September 2025 om 19:00 by die #Studiebefondsing-webinaar in te skakel. Hierdie webinaar is ʼn praktiese, aanlyn sessie wat jou sal help om jou kind se studietoekoms realisties te beplan én te befonds.

Wie is die spreker?

Durandt Serfontein is die besigheidontwikkelingsbestuurder by Blignaut BlueStar Finansiële Adviesdienste en het sy BCom-graad in Ekonomie en Risikobestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) verwerf. Hy beskik verder oor drie nagraadse diplomas in Besigheidsbestuur, Finansiële Beplanning en Beleggingsbeplanning. Met ʼn sterk agtergrond in ekonomie, risikobestuur en beleggingsbeplanning, verstaan hy presies waarmee ouers vandag worstel. Sy benadering is prakties en empaties – perfek vir ouers wat wil beplan, maar nie weet waar om te begin nie.

Wat gaan jy leer?

In hierdie sessie aangebied deur Solidariteit se Skoliere-aanbod gaan Serfontein wenke deel oor:

  • • hoe om met slim beplanning ʼn finansiële padkaart vir jou kind se studie op te stel;
  • • watter beurse, lenings en ander hulpbronne beskikbaar is en hoe om daarvoor aansoek te doen; en
  • • hoe om finansiële druk te verminder sonder om jou kind se drome prys te gee.

Beplanning vir studiebefondsing hoef nie oorweldigend te wees nie – selfs al het jy nog nie eens begin nie! Hierdie webinaar het ten doel om jou werklik te help om jou kind se studiedrome te bewaarheid. Dit gaan ʼn eerlike gesprek wees oor geld, toekomsdrome en die stappe wat jy kan neem om dit te laat werk.

Wat maak hierdie webinaar die moeite en tyd werd?

  • • Dit is gratis.
  • • Dit is aanlyn, so jy kan maklik vanaf enige plek inskakel.
  • • Dit is spesifiek vir ouers van hoërskoolleerders.

Jy kan vandag reeds die eerste tree neem om voorbereid te wees vir jou kind se planne en drome ná skool, en hierdie webinaar wys jou presies hoe!

  • Datum: 22 September 2025
  • Tyd: 19:00
  • Waar: Aanlyn op Solidariteit se platform (gratis)

Klik hier om jou plek te bespreek.

Bou vandag al aan jou kind se toekoms!

Moenie hierdie waardevolle sessie misloop nie! Jou kind se toekomsdrome begin by jóú. Bespreek dus vandag nog jou plek en skakel op 22 September 2025 om 19:00 by Solidariteit se #Studiebefondsing-webinaar in.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel