
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Tien slim wenke om op jou versekering te bespaar
Deur Ané Janse van Rensburg
Die ekonomiese onsekerheid en stygende lewenskoste veroorsaak dat die meerderheid Suid-Afrikaners tans finansiële druk ervaar.
Meer as 60% van die 11 miljoen voertuie op Suid-Afrika se paaie is onverseker, en so ook baie huishoudings se geboue en huishoudelike inhoud. Dit laat baie mense en hul besittings weerloos teen ongelukke en diefstal. Hierdie verbruikers loop groot finansiële risiko’s en sal selfs groter bedrae uit hul eie sakke moet opdok indien daar derdeparty-skade is.
Virseker deel tien slim wenke oor hoe jy op versekering kan bespaar:
1. Snuffel rond: Kry alternatiewe kwotasies vir versekering wat by jou behoeftes en risikoprofiel pas.
2. Maak verantwoordelike skuiwe: Moenie jou huidige versekering kanselleer voordat jou nuwe versekering aktief is nie.
3. Neem ingeligte besluite: Doen jou huiswerk en kyk na waardetoevoegings en bepalings van versekeraars.
4. Verstaan jou versekeringstaal: Indien sekere bepalings onduidelik is, vra jou versekeraar om dit te verduidelik.
5. Ken jou bybetalings: Wees bewus van jou bybetalings en hoe dit jou premie beïnvloed.
6. Prioritiseer jou versekeringspremies: Moenie in moeilike tye op versekering besnoei nie. Dit kan jou duur te staan kom.
7. Kombineer om te spaar: Versekeraars bied dikwels afslag indien jy motor- en huisinhoud saam verseker.
8. Hou jou persoonlike besonderhede op datum: Veranderinge in jou woonplek kan jou premie beïnvloed.
9. Verhoog jou sekuriteitsmaatreëls: Dinge soos alarms en elektriese heinings kan jou premie verlaag.
10. Gaan jou versekering na: Hersien jou versekerde items jaarliks om oor- of onderversekering te voorkom.
Hierdie slim keuses kan jou sakpasversekering bied wat jou vinnig in tye van nood weer op die been kan bring. Omdat elke Virseker-polishouer ook aan ʼn voorspoedige toekoms vir Suid-Afrika help bou, moedig Solidariteit alle lede en nie-lede aan om saam met ons hande te vat met Virseker. Klik hier vir jou gratis kwotasie.