
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Bosbokstrand: ontsnap, ontspan en herlaai
Het jy al planne vir die Desembervakansie? Bespreek nou jou plek by Bosbokstrand en kry ruim afslag! Bosbokstrand is ʼn privaat natuurreservaat aan die Wildekus van die Oos-Kaap. Vir navrae en besprekings, klik hier!
As jy hunker na stilte, natuurskoon en ʼn luilekker seevakansie wat nie jou sak sal ruk nie, is Bosbokstrand die antwoord. Hierdie privaat natuurreservaat, aan die Wildekus van die Oos-Kaap, is nou deel van die Solidariteit Beweging en bied alles wat jy van ʼn onvergeetlike wegbreek kan verwag: kilometers se ongerepte strand, groot skulpe en rotsbanke, ʼn veilige strandmeer, asemrowende staproetes én die perfekte plek om te hengel of net jou batterye te herlaai.
Bosbokstrand spog met 50 kampeerplekke en 15 selfsorg-chalets – elk tussen bome geleë en naby genoeg aan die strand sodat jy die branderskan hoor breek. Dit is die ideale bestemming vir gesinsvakansies: kinders kan veilig speel, ouers kan rus of die omgewing verken en elke gesinslid het iets om na uit te sien. Met meer as 240 voëlspesies en 12 bokspesies, waaronder kameelperde en sebras, is dit ook ʼn natuurliefhebber se paradys.
Die reservaat bied heelwat geriewe: ʼn speelparkie, tennis- en vlugbalbane, ʼn biblioteek, ʼn snoepie en selfs ʼn wassery. Alles is daar om jou vakansie gemaklik en sorgvry te maak.
En nou is daar nóg ʼn rede om vroegtydig te bespreek: lede van die Solidariteit Beweging kry 25% afslag op verblyf vir die eerste 10 dae van Desember 2025 óf Januarie 2026. Hierdie aanbod is ideaal vir diegene wat betyds wil ontsnap van die jaar se gewoel en gewerskaf.
Die Solidariteit Beweging is trots om hierdie natuurreservaat, wat al vir dekades ʼn rusplek vir die Afrikaanse gemeenskap is, verder te beskerm en ontwikkel. Ons glo dat elke lid toegang tot bekostigbare vakansieverblyf in ʼn veilige omgewing verdien, waar kultuur, natuur en gemeenskap saamkom.
Jy behoort by Bosbokstrand. Bespreek jou verblyf hier en begin die dae na ʼn idilliese seevakansie aftel!