
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Die krag van saamstaan: Bou aan ʼn beter Suid-Afrika
Ané Janse van Rensburg
Die voortbestaan en florering van Afrikaans as taal vir die sowat 7 miljoen Suid-Afrikaners wat dit as eerste taal praat, vereis meer as net simboliese ondersteuning. Dit benodig aktiewe betrokkenheid en ondersteuning deur middel van verskeie inisiatiewe en organisasies. Die Virseker Trust is een van die organisasies wat ʼn beduidende rol speel in die ondersteuning van Afrikaans. Agt inisiatiewe en organisasies wat onlangs by ruim skenkings van die Virseker Trust baat gevind het, getuig kragtig van die berge wat Afrikaans kan versit as jy haar die nodige vuur gee.
Riaan Pretorius, woordvoerder van die Virseker Trust, beklemtoon dat om passievol oor ʼn taal te wees en om prakties by te dra tot die voortbestaan en groei daarvan, twee verskillende dinge is. Afrikaans is ʼn unieke taal met ʼn skatkis van woorde en uitdrukkings. Dié taal kan egter slegs deur proaktiewe ondersteuning voortbestaan en floreer.
Die Virseker Trust het tot op hede meer as R154 miljoen in Afrikaanse onderwys, die kunste, sport en gemeenskapsondersteuning belê.
Hier is agt organisasies wat reeds deur die Trust ondersteun word:
1. Akademia en die Kampus Trust:
Hierdie Afrikaanse hoëronderwysinstelling sonder winsoogmerk het deur skenkings tot ʼn wêreldklas-instelling gegroei.
2. Die Solidariteit Helpende Hand Studiefonds:
Hierdie fonds maak dit vir behoeftige Afrikaanse studente moontlik om rentevrye studielenings te kry.
3. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS):
Die SOS is ʼn organisasie sonder winsoogmerk wat gehalte-onderwys bekostigbaar en toeganklik maak vir alle leerders in Suid-Afrika. Hulle bied vakspesifieke opleiding aan meer as 16 000 onderwysers per jaar en ondersteun meer as 35 000 leerders deur Die Wolkskool.
4. Solidariteit Helpende Hand se Skooltassie-projek:
Hierdie projek verskaf sedert 2007 skryfbehoeftes aan behoeftige graad 1-leerders.
5. Weet (ʼn skoolensiklopedie):
ʼn Digitale naslaanbron wat leerders van inligting van goeie gehalte in Afrikaans voorsien.
6. Die Afrikaanse Taalraad (ATR):
Hierdie raad bevorder Afrikaans as ʼn taal van eenheid binne ʼn meertalige konteks.
7. Die Pionierskool vir Siggestremdes:
Hierdie skool maak lees- en leermateriaal toeganklik vir blinde en swaksiende kinders en volwassenes.
8. Josef Silo’s vir hongersnood (Solidariteit Beweging se Noodfonds):
Hierdie projek verskaf kospakkies en bemagtig mense om selfonderhoudend te wees.
Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die Virseker Trust, sê Afrikaans maak ʼn praktiese en verreikende impak deur daadwerklike toewyding en ondersteuning. Die betrokkenheid van die Afrikaanse gemeenskap is noodsaaklik om die taal se voortbestaan te verseker en uit te brei.
Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Beperk, wat vir meer as ʼn dekade ʼn persentasie van hul kliënte se premies aan die Virseker Trust toegeken het om Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Hierdie ondersteuning help om ʼn beter Suid-Afrika vir die huidige en toekomstige geslag te bou, want #JyHoortHier.
Omdat elke Virseker-polishouer ook aan ʼn voorspoedige toekoms vir Suid-Afrika help bou, moedig Solidariteit alle lede en nie-lede aan om saam met ons hande te vat met Virseker. Klik hier vir jou gratis kwotasie.