loading
Blogs
9 maande gelede
die-nasionale-bedingingsraad-vir-die-chemiese-bedryf-nbcci-se-migrasie-van-vrywillige-na-verpligte-status

Foto Krediet: Verskaf

Die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI) se migrasie van vrywillige na verpligte status

Deur Gerhard Cloete

Die finansiële jaar van 2023/2024 was ʼn belangrike tydperk vir die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemiese Bedryf (NBCCI).  Die NBCCI het vir ʼn aantal jare funksioneer sonder dat sy ooreenkomste na nie-partye uitgebrei is ten spyte van talle strategiese doelwitte tot daardie effek. Reeds in Junie 2010 het die Departement van Indiensneming en Arbeid geadviseer dat dit vir die NBCCI moontlik is om die substantiewe ooreenkomste per sektor uit te brei. Hierdie posisie is deur dieselfde departement onderskryf in die werkwinkel wat op 10 Oktober 2023 gehou is. In die nastrewing van een van sy strategiese doelwitte, is verskillende sektore betrek om hul inkoop te kry, wat daartoe gelei het dat die Glas sektor ingestem het om as ʼn katalisator in hierdie verband gebruik te word. Nadat daar aan al die nodige protokolle voldoen is, is die aansoek om die uitbreiding van die Glas sektor aan die Departement van Indiensneming en Arbeid beteken. Soos beoog, was daar geringe foute, maar dit is met gemak aangespreek met die bystand en leiding van die Departement van Indiensneming en Arbeid se amptenare.

Die NBCCI gons nadat die Departement van Indiensneming en Arbeid ʼn sertifikaat van verteenwoordigendheid geldig vir twee jaar vanaf 2 Julie 2024 aan die Glas sektor uitgereik het. Die Raad wag met hulle asem opgehou op die publikasie in die Staatskoerant waar die Minister van Indiensneming en Arbeid die publiek sal adviseer oor die uitbreiding van die Glas sektor ooreenkoms na nie-partye. Dit sal nou enige dag plaasvind. Ingevolge die statuêre tydlyne word voorsien dat dit nie later as 14 Oktober 2024 gedoen sal word nie.

Daar is geen omdraaikans nie aangesien die ander subsektore nou aan boord gekom het. Dit is en was nog altyd die siening van die NBCCI-leierskap dat die Bedingingsraad moet bestaan vir sy voorgenome doel, naamlik om te reguleer en ʼn impak te maak in die hele Chemiese bedryf en sektore binne sy bestek van registrasie. Die Bedingingsraad moenie bloot bestaan vir die voordeel van sy lid maatskappye nie, soos wat dit nog altyd vir die NBCCI was nie. Dit is met groot vreugde wat ons kan aankondig dat die uitbreiding van substantiewe ooreenkomste na nie-partye in ons tyd realiseer.

Ons sien uit daarna dat ander sektore ook hierdie mylpaal bereik. Die belangrikste ding is dat daar partye en ʼn NBCCI Sekretariaat is wat bereid is om die strategiese doelwit te dryf om die verwagte resultate te lewer.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Geen soortgelyke artikels gevind nie