loading
Artikels
7 maande gelede
geboueversekering-7-slaggate-waarvan-jy-moet-weet

Foto Krediet: OkayDeer

Geboueversekering: 7 slaggate waarvan jy móét weet

Ané Janse van Rensburg

As dit by geboueversekering kom, wie gaan daardie stukkende geut of motorhek wat buite werking is, regmaak en die koste dek? Virseker, Suid-Afrika se enigste trots Afrikaanse versekeringsproduk!

“Daar is min dinge so frustrerend soos probleme met geboue, veral wanneer die winter sy yskoue greep versterk, of die reënseisoen begin,” sê Johanni Jennings, hoof van bemarking by Virseker. “Dit is selfs erger as dit jou ʼn fortuin kos om te herstel en jy uitvind dat proaktiewe instandhouding jou kon help om dié krisis te vermy.”

Virseker se lys van die mees algemene eise vir geboueversekering wat later aan slytasie toegeskryf word, sluit die volgende in:

  • • dakke wat lek, insluitend gevalle waar waterdigting verweer of kraak;
  • • geute wat deur plant- en ander materiaal geblokkeer word;
  • • pype wat weens ouderdom en korrosie lek;
  • • motorhekke wat weens ouderdom onklaar raak;
  • • teëls wat oplig;
  • • stygende vogtigheid; en
  • • roes.

Dit is belangrik om tussen slytasie-items en nieslytasie-items te onderskei. Enigiets wat oor ʼn tydperk – eerder as tydens ʼn skielike, onvoorsiene gebeurtenis – plaasvind, word as slytasie beskou. Nieslytasie is skade wat deur dinge soos brande, weerlig, storms, vloede of ʼn impak met die gebou veroorsaak word. Gevolglike skade sal tipies ʼn versekerde gebeurtenis wees, mits dit as ʼn versekerde gevaar gelys is.

Jennings wys daarop dat dit belangrik is om te onthou dat versekerde gevare spesifiek in polisse aangeteken word. ʼn Polishouer kan slegs eis vir skade wat veroorsaak is deur gevare wat duidelik in die polis aangedui is.

Virseker wys sewe algemene slaggate uit en hoe om dit te vermy:

1. Verseker die eiendom teen die volle vervangingswaarde:

Maak seker dat jy jou eiendom teen die volle vervangingswaarde verseker. Die uitbetalings van die vervanging van ʼn hele gebou sowel as kleiner eise word bereken volgens die persentasie van die volle waarde waarvoor jy ʼn premie betaal. Wanneer jy slegs ʼn gebou vir ʼn persentasie van sy volle waarde verseker, betaal jy slegs ʼn persentasie van die premie wat jy eintlik moet betaal. Gevolglik sal slegs ʼn persentasie van die bedrag wat jy eis, uitbetaal word. Dit is standaardpraktyk vir die meeste versekeraars.

2. Slim kosteberekening:

Daar is verskeie maniere om geboue se vervangingskoste akkuraat te bereken. Gaan jou huisleningstate na, vra eiendomsagente en kenners of gebruik aanlyn berekeningsplatforms op betroubare eiendomswebwerwe. Oorweeg die totale koste wat dit verg om ʼn gebou van die grond af op te bou, soos die koste van argitekte, ingenieurs, sloping, afvalverwydering, boumateriaal, loodgieterswerk, elektriese werk, ensovoorts.

3. Huidige waarde:

Maak seker jou eiendom se waarde bly op datum. Die versekerde waarde kan jaar na jaar weens inflasie verhoog word, maar opgraderings, veranderinge en opknappingswerk wat ʼn impak op die waarde het, word nie altyd in ag geneem nie. Wanneer jy jou polis se hernuwingsdokumente ontvang, bestee ʼn paar minute daaraan om te dink oor enige veranderinge wat jy aangebring het en oorweeg dit wanneer jy die polis hersien.

4. Kyk verby die groot goed:

Sommige mense verseker net die hoërisiko-items wat tydens ʼn inbraak gesteel sal word, maar dink nie aan wat sal gebeur indien ʼn huis heeltemal verwoes word nie, soos in die geval van ʼn brand. Om alles teen huidige pryse te vervang, kan aansienlike bedrae beloop. Dit is dus iets wat deeglik oorweeg móét word.

5. Lees die fynskrif:

Moenie aanvaar dat alles deur jou versekering gedek word nie. Ruim tyd in om die dokumentasie deeglik deur te lees, en die bepalings en voorwaardes van jou dekking te verstaan. Weet waarvoor jy dekking geniet en wat in jou spesifieke polis uitgesluit word.

6. Verstaan die proses:

Sodra ʼn eis geregistreer is en ʼn verskaffer uitgestuur is om ʼn aanvanklike skadeverslag te doen, sal ʼn spesialiskontrakteur uitgestuur word om ʼn verdere skadeverslag te doen en ʼn kwotasie saam te stel.

7. Voorsorg voorkom nasorg:

Laat jou eiendom gereeld nagaan – of gaan dit self na – om te verseker dat die dak, geute, steunstrukture, pype, bedrading ensovoorts in ʼn goeie toestand is, meer as net op blote sigwaarde. Dit is veral belangrik tydens die verandering van seisoene. Doen die nodige voorkomende instandhouding om ernstige skade te vermy.

“As jy onseker is oor enige van die punte wat hier uitgesonder en bespreek is, is dit wys om jou versekeraar dringend te kontak en duidelikheid te kry,” sê Jennings. “Wanneer jy bewus is van al die bepalings en voorwaardes én dit verstaan, is goeie, omvattende geboue- en huisinhoudversekering jou grootste bondgenoot in tye van nood.”

Omdat elke Virseker-polishouer ook aan ʼn voorspoedige toekoms vir Suid-Afrika help bou, moedig Solidariteit alle lede en nie-lede aan om saam met ons hande te vat met Virseker. Klik hier vir jou gratis kwotasie.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Geen soortgelyke artikels gevind nie