loading
Artikels
1 jaar gelede
gebruik-jy-as-onderwyser-jou-ledevoordele-ten-volle

Foto Krediet: OkayDeer

Gebruik jy as onderwyser jou ledevoordele ten volle?

Deur Marné Pienaar

Om ʼn onderwyser in Suid-Afrika te wees, is geensins eenvoudig nie.

Onderwysers het met verskeie uitdagings te kampe waarvan werkbeskerming maar net een is. Die Solidariteit Onderwysernetwerk stel ʼn hulpbronbelaaide pakket tot jou beskikking wat jou in die klaskamer kan bemagtig en ondersteun.

Gebruik jy jou voordele ten volle? In hierdie artikel gaan ons kyk na al die voordele wat onderwysers kan baat en wat jy sommer vandag nog ten volle moet benut.

In die klaskamer

In die klaskamer is ʼn uitgebreide aanbod wat reeds aan lede van Solidariteit se Onderwysernetwerk gebied word. Wat is ʼn betroubare bron vir navorsing vir take? Hoe kan jy jou skoliere verder ondersteun om sukses te behaal?

Hier is al jou voordele as lid van Solidariteit:

1. Skoleondersteuningsentrum en Wolkskool

  • • volledige SOS-lidmaatskap
  • • toegang tot al 15 raadsale (vakverenigings)
  • • 20%-afslag vir die SOS se Nasionale Kongres
  • • volledige toegang tot die Wolkskool vir onderwysers
  • • toegang tot Die Vraagbank
  • Stap 1: Klik hier en skep jou profiel.
  • Stap 2: Stuur ʼn e-pos na navrae@skole.co.za met die verwysing SON-lid en jou ID-nommer.

2. Weet

Weet.co.za is ʼn betroubare Afrikaanse ensiklopedie en e-naslaangids vir beide leerders en onderwysers.

3. Solidariteit se Skoliere-aanbod

Gratis Afrikaanse hulpbronne vir graad 7-12.

  • • My Hoërskoolpad
  • • Belangstellingbepaler
  • • Loopbaanvoorligters
  • • #Vakkeuse-video’s

4. AfriForum

Maak gebruik van AfriForum se gratis aflaaibare gidse om jou leerders te beskerm teen boelies in die skool én op die internet. Klik op die gids om dit af te laai!

Solidariteit se vennote bied ook ondersteuning

  • • Solidariteit Helpende Hand bied maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling en projekte in skole
  • • AfriForum bied verskeie onderwys- en leierskapsprojekte aan in skole.
  • • AfriForum TV bied ʼn gratis Afrikaanse stromingsdiens vir alle ouderdomme
  • • AfriForum Teater is jou skool se kultuurtuiskomplek
  • • Die FAK bied verskeie skolier- en kultuurprojekte en -kompetisies.
  • • Forum Sekuriteit bied privaat sekuriteitsdienste vir kwesbare gemeenskappe soos skole
  • • Maroela Media bied betroubare en gebalanseerde nuus.

Hierdie voordele is spesiaal pasgemaak om jou in die klaskamer van hulp te wees. Solidariteit weet watter uitdagings ons lede moet aanpak, en doen moeite om nuwe innoverende idees daar te stel om ons onderwysers te bemagtig.

Was jy bewus van al hierdie voordele wat binne jou bereik is?

Dit is ons voorreg en trots om onderwysers in hul beroepe te ondersteun en te bemagtig. Só kan ons vry, veilig en voorspoedig aan die toekoms bou. Bereik jou volle potensiaal in jou klaskamer.

Indien jy nog nie deel is van die Onderwysernetwerk nie, sluit vandag aan om al die voordele van ’n Solidariteit-lid te geniet én al die voordele hierbo gelys.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Geen soortgelyke artikels gevind nie