
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Gelukkige Nuwejaar!
Deur Kyla-Ann du Toit
“As iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan; kyk, dit het alles nuut geword.” – 2 Korintiërs 5:17
ʼn Nuwe jaar bring vir ons die kans om nuut te begin – ʼn nuwe begin gevul met hoop en geleenthede.
2024 was ʼn jaar vol uitdagings, maar danksy júlle getroue ondersteuning het ons ook vele oorwinnings behaal! Sáám bou ons aan ʼn toekoms waarin ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan woon en werk.
By Solidariteit is ons daartoe verbind om elke lid te ondersteun, of dit nou in jou loopbaan, persoonlike lewe of in jou stryd vir ʼn beter toekoms is. Ons glo dat almal wat wíl werk, góéd moet kan werk en hulle volle potensiaal moet kan bereik. In 2025 gaan ons voort om ʼn platform te bou waar lede mekaar kan inspireer, bymekaar kan leer en mekaar kan ondersteun.
Dankie dat jy saam met Solidariteit veg, beskerm en bou om dít te kan doen. Ons sien uit na ʼn nuwe jaar vol nuwe geleenthede, uitdagings en oorwinnings!
Voorspoedige Nuwejaar! Mag 2025 gevul wees met vreugde, voorspoed en seëninge in oorvloed.