loading
Artikels
5 maande gelede
hoe-om-by-n-suid-afrikaanse-vakbond-aan-te-sluit-vir-werkersregte

Foto Krediet: OkayDeer

Hoe om by ’n Suid-Afrikaanse vakbond aan te sluit vir werkersregte

Deur Marné Pienaar

As ʼn werknemer in Suid-Afrika het jy die reg om in die werkplek beskerm te word. Dit is tradisioneel die rol van vakbonde om ons werkersregte te beskerm en ʼn noodsaaklikheid vir elkeen wat hulleself in die werkersmag bevind. Dan is daar net een vraag: Hoe sluit ʼn mens by ʼn Suid-Afrikaanse vakbond aan sodat jou werkersregte beskerm word?

Die antwoord is eenvoudig! Jy sluit aan by ʼn organisasie wat vir jou meer bied as net die tradisionele diens wat vakbonde bied.

Hoekom is dit nodig om by ʼn vakbond aan te sluit?

Alhoewel Suid-Afrika se arbeidswetgewing omvattend is, is daar dikwels werkgewers wat hulle werknemers uitbuit. Dit is om daardie rede wat jy moet seker maak jou werkersregte word beskerm deur ʼn organisasie soos Solidariteit, wat jou belange op die hart dra en jou geveg sal veg.

Solidariteit is meer as net ʼn vakbond. Solidariteit is ʼn aanlyn werkgemeenskap vir werk en leer, waar jy bemagtig word om nie net jou werk te doen nie, maar om dit goed te doen en jou volle potensiaal te bereik!

Hoe beskerm Solidariteit my werkersregte?

Solidariteit beskerm jou regte in die werkplek deur middel van die volgende dienste:

  1. 1. Regsverteenwoordiging: Lede van Solidariteit verkry gratis regsverteenwoordiging vir werksverwante sake.
  2. 2. Regsadvies: Lede van Solidariteit het toegang tot gratis regsadvies wat Solidariteit as ʼn telefoniese diens bied.
  3. 3. Beroepsgesondheid en -veiligheid (BGV): Jou werksomgewing moet veilig wees om in te werk, daarom staan Solidariteit jou by in enige BGV-eise.  

Met ander woorde, as jy moontlik die slagoffer is van onbillike ontslag, geboelie word, of nie in ʼn veilige omgewing werk nie, kan jy Solidariteit kontak om die kwessie te takel.

Hoe om by ’n Suid-Afrikaanse vakbond aan te sluit vir werkersregte

Hoe sluit ek aan as lid van Solidariteit?

Die aansluitingsproses by Solidariteit is eenvoudig en kan binne minute aanlyn gedoen word.

Volg die onderstaande stappe om sommer vandag nog as lid van Solidariteit aan te sluit.

Klik hier en begin die proses! Vul jou besonderhede in die vorm in en volg die stappe. (Wenk: As jy verkies om telefonies as lid van Solidariteit aan te sluit, kan jy dit so versoek.)

Wat maak my lidmaatskap by Solidariteit uniek?

Solidariteit is meer as net ʼn vakbond. Weens die politieke en ekonomiese agteruitgang van Suid-Afrika het Solidariteit sy fokus aangepas om nie net te beskerm nie, maar ook om te bemagtig.

Solidariteit is nou ʼn netwerk van werk waar jy nie net beskerm word nie, maar vaardighede kan leer, toegang tot hulpbronne kan kry wat jou in die werkplek help en waar jy jou professionele netwerke kan uitbou. Lees meer hier

Solidariteit se aanlyn netwerkplatform is een plek waar jy al hierdie dinge op een plek kan vind. Om jou profiel te skep is gratis (doen dit hier), dan koppel jy jou lidmaatskap (klik hier om dit te doen) en ontsluit al die voordele wat jou Solidariteit-  lidmaatskap jou bied!

Hier is maar net ʼn paar voordele wat jou lidmaatskap jou bied:

  • • Voortgesette leer: Toegang tot byna 150 aanlyn beroepspesifieke kursusse.
  • • Beroepsnetwerke: Toegang tot ʼn netwerk van mense wat in jou beroep is en nuwe tendense en nuus deel.
  • • Mentorskapgeleenthede: Wees ʼn mentor, of kry ʼn mentor om jou na nuwe hoogtes te neem.
  • • Vakansievoordeel

Vir die volledige lys, klik hier.

Solidariteit doen baie meer as net die beskerming van werkersregte. Solidariteit veg vir jou sodat jy ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms in Suid-Afrika kan hê – en alles in Afrikaans!

Sluit aan by jou grootste Afrikaanse aanlyn netwerk van werk en wees gerus dat Solidariteit vir jou sal opstaan in jou tyd van nood.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading

Geen soortgelyke artikels gevind nie