loading
Artikels
1 maand gelede
jyhoorthier-nou-en-vir-altyd

Foto Krediet: OkayDeer

#JyHoortHier – nóú en vir altyd

Deur Wilmarie Brits

Suid-Afrika is jou tuiste. Dis hier waar jy kan braai, in Afrikaans kan lag. Dis hier waar jou mense is, vriende en familie. Dis Bosveld en see, Karoo en die Kruger. Dis koeksisters en melktert, biltong en blatjang. Dis kampvuur, 4 x 4 en ʼn tjoppie op hardekool.

Ongelukkig word ons kultuur, taal en opvoedingsgeleenthede onderdruk, rassekwotas dryf ons uit by die werkplek, sportgronde en uiteindelik uit die land uit. Dan begin ʼn mens wonder waar jy hoort.

#JyHoortHier, want Suid-Afrika is jou geboorteland en Afrikaans is jou geboortetaal. Ons gaan nêrens heen nie. Daarom veg, beskerm en bou ons saam aan ʼn toekoms vir onsself en ons nageslag.

Solidariteit het op 25 Julie sy reuseveldtog, #JyHoortHier, van stapel gestuur. Dié gemeenskapsveldtog het ten doel om mense bymekaar te bring sodat ons hande kan vat vir ʼn beter toekoms waarvoor ons saam veg en bou. #JyHoortHier bou voort op die #OnsSalSelfen #ElkeenHelpEen-inisiatiewe, en gaan net so ʼn gevoel van samehorigheid, geborgenheid en gemeenskap skep.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê: “Jy hoort hiér!”

Lees die volle meningstuk hieroor op Maroela Media.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel

loading
Geen soortgelyke artikels gevind nie