Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Nuwe werk, nuwe jy: Begin 2025 met meesterlike Microsoft-vaardighede!
Deur Maryna Eksteen
Die nuwe jaar bring nuwe geleenthede en hopelik ook nuwe uitdagings om jou loopbaan na die volgende vlak te neem. Of jy nou ʼn kantoorpraktisyn is wat jou werk wil verbeter, of ʼn werkgewer is wat wil seker maak dat jou personeel oor die nodige vaardighede beskik, een ding is seker: Microsoft is steeds die hartklop van baie werkplekke. Dit het amper ʼn vereiste geword om vaardig in hierdie programmatuur te wees.
Stel jouself voor: jy is ʼn topkandidaat in ʼn onderhoud en jy merk die belangstelling in die onderhoudvoerder se oë, maar dan tref die vraag oor jou Microsoft-vaardighede jou. Skielik hang jou droompos aan ʼn dun draadjie. Dit is ʼn gevoel wat niemand wil ervaar nie. Maar hier is die goeie nuus: Solidariteit het ʼn slim oplossing wat jou in staat stel om hierdie struikelblok met selfvertroue te oorkom.
Solidariteit se omvattende Microsoft-kursus is spesifiek ontwerp om kantoorpraktisyns – en enigiemand anders wat belangstel – te help om hul Microsoft-vaardighede van basies tot gevorderd te ontwikkel. Hier is ʼn voorsmakie van wat jy kan verwag:
Microsoft Word
Die kursus begin met die bou van ʼn soliede fondament in Microsoft Word. Dit leer jou basiese take soos navigasie, selektering en die gebruik van die “Clipboard”. Jy sal ook leer hoe om dokumente te formateer, kollyste en nommering te doen, en hoe om met tabelle te werk. Wanneer jy gemaklik is met die basiese beginsels, kan jy fokus op gevorderde funksies soos outomatisering, grafieke en die organisering van jou dokument met kop- en voetstukke. Microsoft Word is meer as net tikwerk – dit is die platform waar jy met gemak indrukwekkende dokumente kan skep.
Klik hier om jou Microsoft Word-vaardighede te verbeter!
Microsoft Excel
Met die Microsoft Excel-kursus leer jy meer as net hoe om getalle in te voer. Hierdie kursus dek alles van die basiese invoer van selle tot die gebruik van formules en dataverwerking. Jy sal leer hoe om met werksboeke te werk, data te sorteer en gevorderde formules te bemeester. Data validering, kondisionele formatering en outomatisering is net enkele van die funksies wat jou sal help om jou werkplekvaardighede na ʼn hoër vlak te neem. Excel is die instrument wat jou help om data te laat werk, nie net om dit aan te hou nie.
Staan uit bo jou mededingers – skryf hier in!
Microsoft PowerPoint
Wat maak ʼn goeie aanbieding uit? Dit is nie net die inhoud nie, maar hoe jy dit aanbied. Die PowerPoint-kursus help jou om aanbiedings vol impak te skep. Jy leer om jou voorleggings te laat uitstaan met WordArt, media en animasies wat jou gehoor sal boei. Vanaf die skepping van nuwe aanbiedings tot die gebruik van Word-dokumente in PowerPoint – hierdie kursus sal jou in staat stel om professionele, innoverende voorleggings te skep wat ʼn indruk laat.
Kyk hier hoe jy jou PowerPoint-vaardighede kan opskerp!
Of jy nou werk soek, ʼn huidige posisie wil versterk, of net jou eie vermoëns wil uitbrei, begin hierdie jaar met nuwe selfvertroue. Solidariteit se Microsoft-kursusse is daar om jou te ondersteun in jou reis na ʼn meer vaardige, meesterlike weergawe van jouself.
Jy kan hier klik om ʼn gratis profiel op Solidariteit se skep of klik hier om jou lidmaatskap te koppel. Jou toekoms is in jou hande!