loading
Artikels
3 weke gelede
nuwe-werk-nuwe-jy-ontsluit-jou-potensiaal-met-solidariteit-se-microsoft-outlook-kursus

Foto Krediet: Burst

Nuwe werk, nuwe jy: Ontsluit jou potensiaal met Solidariteit se Microsoft Outlook-kursus

Deur Maryna Eksteen

Dis 2025! ’n Nuwe jaar vol moontlikhede lê voor, en dit is die perfekte tyd om jouself op te gradeer vir die uitdagings en geleenthede wat die werkplek bied. As jy die beste uit jou dag wil put, dan is Solidariteit se Microsoft Outlook-kursus nét wat jy nodig het. 

Microsoft Outlook is een van die mees gebruikte e-posplatforms ter wêreld. Dit is nie net ʼn e-posdiens nie, maar ʼn kragtige instrument om take te organiseer, afsprake op te volg, kalenders te bestuur, en jou kontakte op een plek te hou. As jy Outlook beter verstaan, kan jy jou produktiwiteit ’n reuse hupstoot gee. 

Solidariteit se omvattende webinaar, aangebied deur Gerrit Cloete van Productivity Pit Stop, is ontwerp om jou Outlook-vaardighede op die volgende vlak te neem. Dié kursus sal jou help om basiese kortpaaie te bemeester en jou e-posse sonder enige moeite te bestuur. Leer hoe om doeltreffend te prioritiseer, jou fokus te verskerp, en inligting blitsvinnig op te spoor. 

Karla de Beer, ʼn jong werkende wat die kursus voltooi het, sê: “Ek het nou baie meer vrye tyd tot my beskikking en spandeer nie elke oomblik daaraan om deur ʼn berg e-posse te sif nie. Ek het meer selfvertroue in my werk omdat ek weet dat ek nie sommer enige e-posse sal miskyk nie.” Dit is presies hierdie soort vryheid en selfvertroue wat Solidariteit se kursusse aan sy lede bied. 

Solidariteit se opleidingsplatform bied nagenoeg 150 vars, unieke en Afrikaans-gefokusde kursusse wat jou nie net in die werkplek sal help nie, maar ook jou leefstyl en sagte vaardighede kan verbeter. Van onderwysers tot ambagsmanne – daar is iets vir almal! 

Neem jou loopbaan in jou eie hande. 2025 is jou jaar van groei en verbetering – en dit begin hier! Lees meer oor hierdie kursusse en maak seker jy is voorbereid vir die toekoms. En as jy nog nie deel is van Solidariteit nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. 

Jou toekoms wag – maak dit onmisbaar!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel