Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
#OnsSalSelf ʼn toekoms bou
Solidariteit glo dat kennis die beste manier is om ons gemeenskap te beskerm. Bou vir jou kinders; bou vir ʼn toekoms. Lees hier meer oor hoe jy sáám met Solidariteit kan bou.
“As ons twyfel oor die toekoms, bou ons dit.” Dít is die woorde van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.
“Ons brand en breek nie; ons bou en beskerm. Ons wag nie dat die regering ons probleme oplos nie; ons doen dit self.” – Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Waaraan help jy bou in 2026?
Ons het ʼn verantwoordelikheid om ʼn suksesvolle toekoms vir ons kinders te verseker. Daarom is Solidariteit se Boufonds tot stand gebring. Die Boufonds maak dit vir Solidariteit moontlik om instellings te bou – veral kennisinstellings soos Sol-Tech, Akademia, Bo-Karoo Opleiding (BKO) en Gimnasium Pretoria. Só kry jong mense die geleentheid om die kennis te verwerf wat hulle benodig om as ʼn minderheidsgroep in ʼn meerderheidsamelewing te floreer.
Hier is hoe jy bou:
- • Sol-Tech: Nuwe kursusse word voortdurend uitgebou om Sol-Tech se aanbod nóg verder te verbreed. Die koshuisgebou, Die Plaashuis, is in 2025 voltooi, en studente floreer reeds daar.
- • Akademia: Die kampus in die Paarl het onlangs sy deure geopen. Akademia is ook besig met die ontwikkeling van ʼn grootskaalse kampus in Pretoria-Oos, waarvan die bouwerk in 2026 ʼn aanvang neem.
- • Bo-Karoo Opleiding (BKO): Hierdie opleidingsinstelling in Orania fokus op die boubedryf en landbou-opleiding. Jong mense word hier gevorm om die arbeidsmark as roepingsgedrewe volwassenes te betree – stewig gegrond in geloof en kultuur. Die landbou-afdeling word verder uitgebrei, onder meer met ekstra sport, kultuur en ondersteuning, sowel as ekstra personeel en die uitbreiding van die Leer-My-Hoe-proefplaas.
- • Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut: Hierdie instelling bou nie net vaardighede nie, maar ook aan ʼn gemeenskap en ʼn toekoms. Tuisversorgers word opgelei om bejaardes, babas, kleuters en persone met gestremdhede met liefde en passie te versorg.
Ons bou vir ons toekoms. Bou jy saam?