loading
avatar
Artikels
1 jaar gelede
ontsluit-die-krag-van-kunsmatige-intelligensie-ki-in-jou-beroep

Foto Krediet: Solidariteit

Ontsluit die krag van kunsmatige intelligensie (KI) in jou beroep

Kunsmatige intelligensie (KI) en outomatisering word toenemend belangriker, en dit is noodsaaklik om te verstaan hoe hierdie tegnologieë jou kan ondersteun eerder as vervang. KI het die potensiaal om take te versnel wat voorheen baie tyd in beslag geneem het – van data-analise tot foutopsporing en selfs besluitneming. Maar, anders as wat sommige dalk vrees, is KI nie hier om jou as IT-praktisyn se werk te steel nie. Inteendeel, dit stel IT-praktisyns in staat om slimmer te werk, wat beteken dat jy meer kan regkry met minder moeite.

Neem byvoorbeeld voorspellende analise, een van KI se grootste ontwikkelings. Dit stel IT-spesialiste in staat om groot volumes data vinnig te verwerk en voorspellings te maak oor toekomstige neigings – iets wat jou span se strategiese besluitneming kan versterk. Outomatisering van roetine take, soos die instandhouding van databasisse of netwerkmonitering, is nog ʼn praktiese voordeel, wat vir jou meer tyd gee om te fokus op kreatiewe oplossings en innovasie.

Solidariteit se IT-netwerk nooi jou uit na ʼn opwindende geleentheid wat die toekoms van die IT-bedryf sal vorm en vir jou gemoedsrus oor KI in die werkplek sal gee. Op 26 November 2024, bied Solidariteit se IT-netwerk ʼn netwerkgeleentheid aan vir IT-praktisyns wat graag op die voorpunt van hulle beroep wil bly. Tydens die geleentheid hou ons ʼn bankgesprek oor kunsmatige intelligensie (KI) en hoe jy dit prakties in jou werkplek kan gebruik om jou produktiwiteit ʼn hupstoot te gee.

Daar sal verskeie sprekers teenwoordig wees waaronder Marius Vorster, die hoof tegniese beampte (CTO) by Trade Shield en ʼn lid van die IT-netwerk se adviesraad. Marius dien in ʼn adviserende hoedanigheid die besigheidsaspek van dié beroepsnetwerk. Marius bring tegnologie en mense se behoeftes bymekaar met die doel om IT as ʼn beroep te bevorder en sodoende te verbeter. Marius lei verskeie spesialiste in sagteware-ontwikkeling, analise en IT-ondersteuning op. Tjaard du Plessis gaan ook op die bank verskyn. Tjaard staan aan die hoof van ontwikkelende tegnologie by Synthesis Software Tech, waar die doel is om besighede na die volgende vlak te neem deur gebruik te maak van ontwikkelende tegnologie. Tjaard het ʼn sterk tegniese agtergrond met ʼn MSc-graad in rekenaarwetenskap en meer as 15 jaar ondervinding in die lewering van sagteware vir groot ondernemings.

Mario Schoeman, die Direkteur van Bemarking en Tegnologie by Mansarex (PTY) Ltd, waaronder Phoera Cosmetics, Scent Affair Parfuum, Wowhomes Eiendomsagentskap, Water Test Lab en Coffee Wholesalers val, sal ook sy kennis met ons kom deel. Mario gaan veral fokus op die huidige impak van KI op aanlyn besighede, asook oor die maniere waarop ons KI in ons beroep implementeer en ons visie vir die toekoms in verband met hierdie tegnologie. Daar sal ook ander kundiges wees wat die gesprek gaan bywoon wat ʼn blik sal werp op die werklike toepassings van KI in die IT-omgewing. Hierdie is nie net nog ʼn teoretiese gesprek nie – hierdie kundiges gaan spesifiek kyk na hoe KI-tegnologie IT-spesialiste soos jy kan help om doeltreffender en slimmer te werk, sonder om jou rol in die proses te vervang.

Vir diegene wat graag by die gesprek wil baat maar dit nie kan bywoon nie, sal daar na afloop van die geleentheid ʼn opname van die gesprek beskikbaar wees. Indien jy hierdie geleentheid wil bywoon klik hier om jou plek te bespreek. KI is hier om te bly, maar jy hoef nie aan die korste end te trek nie. Sluit aan by Solidariteit se IT-netwerk en bly op die voorpunt van tegnologie.

Solidariteit se IT-netwerk is jou brug na die jongste ontwikkelings in die wêreld van tegnologie. Deur aan te sluit by hierdie netwerk, kry jy toegang tot ʼn gemeenskap van IT-spesialiste wat dieselfde uitdagings en geleenthede as jy ervaar. Jy kan jou kennis uitbrei deur gereelde opleidingsgeleenthede en seminare, asook direkte toegang tot nuus en inligting oor jou veld. Jou toekoms is in jou hande.

Dit is belangrik om op die voorpunt van tegnologie te bly en deel te wees van ʼn netwerk wat jou in jou loopbaan ondersteun. Met Solidariteit se IT-netwerk, het jy die kans om jouself te omring met kundiges en professionele mense wat jou kan help om jou loopbaan na die volgende vlak te neem.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Maak seker jy registreer vir die bankgesprek op 26 November. Dit is jou kans om eerstehands te leer hoe KI revolusionêr tot jou werk in die IT-industrie kan wees.

Klik hier om meer oor die IT-netwerk te lees en word sommer vandag nog ʼn lid.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel