Administratiewe Beampte

Solidariteit Finansiële Dienste
Menlo Park, Pretoria, 0102, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 18/06/2025
Sluitingsdatum
01/07/2025 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Nasionale senior sertifikaat
Sertifikaat in administratiewe- of kantoorbestuur
 
Vaardighede wat benodig word
Organiseringsvaardighede
Aandag tot detail
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
uitstekende rekordbestuur- en administrasievermoëns
goeie tydbestuur en kliëntediens
 
Verantwoordelikhede

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het 'n vakante pos vir 'n Administratiewe Beampte in Pretoria. SFD is 'n toonaangewende firma in die finansiële dienste industrie, toegewy aan die verskaffing van innoverende en betroubare finansiële oplossings aan ons kliënte.


Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie, tot die volgende:

  1. Bestuur en beantwoording van navrae
  2. Verwerking van aansoeke en verskaffing van terugvoer aan kliënte
  3. Opstel en opdatering van kliënte lêers
  4. Elektroniese liassering, akkurate dokumentasie en rekordhouding
  5. Bystand met algemene administratiewe take
Vereistes

Om vir hierdie pos te kwalifiseer, benodig jy ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12) NKR 4 en drie tot vyf jaar se ervaring in ‘n soortgelyke rol. `n Sertifikaat in administratiewe- of kantoorbestuur of relevante kwalifikasie sowel as ervaring in die finansiële dienste industrie sal voordelig wees. Verder benodig die kandidaat ʼn sterk sin vir verantwoordelikheid en die vermoë om met interne en eksterne belanghebbendes te skakel.


Die doel van die pos is om administratiewe ondersteuning te bied in die advies- en leningsafdeling deur die verwerking van aansoeke en die verskaffing van terugvoer aan kliënte.


Vaardighede wat benodig word sluit in: goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; organiseringsvaardighede; aandag tot detail; uitstekende rekordbestuur- en administrasievermoëns goeie tydbestuur en kliëntediens. Die persoon moet onafhanklik en in spanverband kan werk, ʼn hoë vlak van integriteit handhaaf en moet Afrikaans- en Engelssprekend wees.


Indien jy aan die vereistes voldoen, gebruik die volgende skakel https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek-2/ om aansoek te doen voor of op 30 Junie 2025. Indien jy enige probleme met die skakel ondervind, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geen sertifikate) na mhb@solidariteitbeleggings.co.za.


________________________________________________________________________________________________

Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.



Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.