ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Gekopieër
Kampus Trust het ‘n voltydse posisie vir ’n administratiewe beampte beskikbaar. Die posisie is in Pretoria gebaseer. Om vir hierdie pos te kwalifiseer, benodig jy ‘n sertifikaat of diploma in administratiewe- of kantoor bestuur of relevante kwalifikasie. Verder word ’n minimum van vier jaar se ervaring in algemene administrasie sowel as bewese ervaring in kliëntediensbestuur vereis. Ervaring in die hoëronderwys sektor en borgkoördinering sal in jou guns tel.
Die posisie behels, maar is nie beperk nie tot:
- Algemene ondersteuning aan Kampus Trust personeel met dag-tot-dag operasionele bestuur.
- Rekordbestuur, wetsvoldoening en kantoor administrasie.
- Interne- en eksterne skakeling met belangegroepe van Akademia, Sol-Tech en Skoleondersteuningsentrum.
- Beursadministrasie en koördinering.
Die posbekleër moet sistematies kan werk, goeie interpersoonlike verhoudinge kan handhaaf en moet projekte onafhanklik en met ʼn roepingsbesef kan uitvoer. Aansoekers se toewyding aan die bereiking van doelwitte, die vermoë om te analiseer en te beplan, entoesiasme, motivering en bereidwilligheid om te leer, sal van hom/haar ʼn aanwins in ons omgewing maak. Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, sluit in: uitstekende taal- en kommunikasievaardighede; onkreukbare werksetiek en sistematiese verslagdoening; uitstekende rekordbestuur- en administrasievermoëns.
Indien jy aan die vereistes voldoen gebruik die volgende skakel https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek-2/ om aansoek te doen vir die pos. Indien die skakel nie werk nie, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geen sertifikate nie) voor of op 03 Maart 2025 aan mhb@solidariteitbeleggings.co.za.