Besigheidsontwikkelingskonsultant

Mycomax MicroFinance Solutions Pty Ltd
Pretoria, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Afstandwerk
2025-04-30 ( Aktief )

Kwalifikasie/s
Graad 12 Nasionale Senior Sertifikaat
Tersiêre IT en/of Rekeningkundige kwalifikasie
 
Vaardighede wat benodig word
Gevorderde kennis van sagteware en die internet.
Algemene IT-kennis
Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
 
Verantwoordelikhede

Mycomax MicroFinance Solutions (Pty) Ltd is tans op soek na passievolle en dinamiese besigheidsontwikkelingskonsultante om by ons span in Pretoria aan te sluit.

Hierdie rol is 100% verkoopsgefokus en bied 'n kans om 'n beduidende impak te maak deur vaardige demonstrasies aan potensiële MAXMONEY-kliënte te lewer en verkoopsdoelwitte te bereik.


Ons voordele sluit in:

- Markverwante salaris met kommissie struktuur om jou in staat te stel om jou eie salaris te bepaal.

- Die buigsaamheid om van die huis af te werk.

- Selfoon, laptop en internet toelae.

- Innemende en aangename werksomgewing met nuwe tegnologieë, onderwerpe en uitdagings.

- Gereelde maatskappy sosiale byeenkomste om spanwerk te bevorder.

- 'n Samewerkende, impakvolle en vinnige werksomgewing.

- Studiebystandsopsies om jou professionele groei te ondersteun.


Vereistes

Minimum kwalifikasie: Matriek/Senior Sertifikaat (NQF 4)

Ten minste een tersiêre tegniese IT en/of rekeningkundige kwalifikasie is voordelig.


Ervaring: Minimum van 3 jaar bedryf en werkverwante ondervinding sal 'n voordeel wees.


Ons is opsoek na iemand wat:

- Mycomax kan verteenwoordig en die beeld van Mycomax kan uitdra.

- Kan inpas by ons Maatskappy kultuur.

- Wat leergierig is en daarvan hou om in 'n span saam te werk.

- Uitstekende verhoudings bou en handhaaf met kollegas en kliënte.

- 'n Vinnige beginner is.

- Wat onafhanklik kan werk en self gemotiveerd is.

- Uitstekende selfvertroue het.

- Kan reis soos nodig … plaaslik en internasionaal.


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.