DEPARTEMENTSHOOF: WISKUNDIGE WETENSKAPPE

Akademia
Centurion, South Africa
Permanent
Senior
6 - 10 jaar
Werkplekgebonde
2025-04-22 ( Verval )

Kwalifikasie/s
ʼn doktorsgraad in minstens een van die deeldissiplines in Wiskundige Wetenskappe
 
Vaardighede wat benodig word
kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen hê en
moet onder andere oor die volgende beskik: ʼn opvoedingsingesteldheid;
goeie leierskap en bestuurs¬vaardighede;
die vermoë om konstruktief met mense om te gaan; uitstekende kommunikasievaardighede,
interpersoonlike en konflikhanteringsvaardighede; probleemoplossingsvaardighede;
die vermoë om mededingende eise te hanteer;
uitstekende delegeringsvaardighede; buigsaam en aanpasbaar by veranderende omstandighede;
n staat wees om hul vaardighede te ontwikkel en advies vanuit verskillende bronne te aanvaar;
die vermoë om prosesse te ontwikkel en te implementeer;
asook ʼn positiewe ingesteldheid met dryfkrag, motivering en inisiatief.
 
Verantwoordelikhede

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente. Akademia het tans ʼn voltydse pos in Centurion vir die departementshoof van Wiskundige Wetenskappe, in die Fakulteit Natuurwetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor ʼn doktorsgraad in minstens een van die deeldissiplines in Wiskundige Wetenskappe beskik asook oor ʼn sterk akademiese en navorsingsrekord. Die kandidaat moet verder beskik oor vyf jaar se ervaring in hoër onderwys en bestuur asook ʼn goeie begrip van die akademiese deeldissiplines in dié departement. ʼn Kandidaat wat slegs oor ʼn verwante meestergraad beskik sal oorweeg word vir die pos, mits die kandidaat voldoen aan die res van die vereistes gestel en oor besondere bestuursvaardighede en -bekwaamhede vir so ʼn bestuurspos beskik.


ʼn Departementshoof is verantwoordelik vir die bestuur en die oorhoofse toesig van programme binne ʼn bepaalde departement se vakgebied(e). Verder is die departementshoof verantwoordelik daarvoor om sterk akademiese leierskap te toon en te bevorder in sy departement. Die departementshoof moet die dekaan van ʼn bepaalde fakulteit ondersteun in die uitvoering van strategieë binne in die fakulteit.


Daar sal ook van die departementshoof verwag word om die betrokke dissiplines in die departement strategies binne Akademia en in die breër hoëronderwysgemeenskap te vestig in samewerking met die dekaan; die departement te vorm om toekomsgerig te wees; akademiese inhoude van programme, onderrig- en leerprosesse asook leerervaringe van studente te bestuur; die uitvoering van prosesse rakende akademiese aktiwiteite te moniteer in samewerking met die dekaan en programkoördineerders; deurlopende uitvoering van departementele strategieë en doelwitte te verseker en insette op die roetekaart vir die departement in samewerking met die betrokke dekaan, te lewer.


Die departementshoof moet ook voldoening aan standaard- operasionele prosedures asook beleide en standaarde van die instelling verseker; ʼn gehalte georiënteerde klimaat in samewerking met die dekaan bevorder; in samewerking met die dekaan en die betrokke afdeling(s), prosesse van Personeel en Ontwikkeling in die departement, soos dissiplinêre prosesse, opleiding, werwing, ens. te beplan en bestuur.



Die kandidaat moet kennis van Akademia en van die hoëronderwysomgewing in die algemeen hê en moet onder andere oor die volgende beskik: ʼn opvoedingsingesteldheid; goeie leierskap en bestuurs­vaardighede; die vermoë om konstruktief met mense om te gaan; uitstekende kommunikasievaardighede, interpersoonlike en konflikhanteringsvaardighede; probleemoplossingsvaardighede; die vermoë om mededingende eise te hanteer; uitstekende delegeringsvaardighede; buigsaam en aanpasbaar by veranderende omstandighede; in staat wees om hul vaardighede te ontwikkel en advies vanuit verskillende bronne te aanvaar; die vermoë om prosesse te ontwikkel en te implementeer; asook ʼn positiewe ingesteldheid met dryfkrag, motivering en inisiatief.


Vereistes

Maak asb. gebruik van die onderstaande Akademia skakel om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 22 April 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar. Maak asb. gebruik van hierdie skakel om aansoek te doen vir die pos https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek/


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.