Eise Konsultant
Gekopieër
Multi Risk Makelaars is tans op soek na 'n Eise Konsultant in ons Eise Afdeling.
Beskrywing van die pos
Die kandidaat sal n tussenganger wees tussen die maatskappy, versekeraars, kliënte en diens verskaffers rakende eise. Die persoon sal verantwoordelik te wees vir die hantering en bestuur van kort-term versekeringseise vandat die eis geregistreer is tot dit afgehandel is, om akkuraatheid, doeltreffendheid en kliënte tevredenheid te verseker.
Kwalifikasie Vereiste
Die volgende kwalifikasies is ‘n vereiste en ondervinding is verpligtend
- FETC: Kort-Term Versekering, NQF 4 & RE5
- COB (Class of Business) kursusse vir Kommersiëel en Persoonlike Lyne moet voltooi wees.
- Minimum van 2-3 jaar in Kommersiële en Persoonlike Lyne eise
- Kennis van TIAL en Cardinal stelsels sal voordelige wees.
Vaardighede
- Uitstekende skriftelike en verbale kommunikasievaardighede vir interaksie met kliënte en belanghebbendes.
- Uitstekende interpersoonlike verhoudings vaardighede
- Analitiese vermoë en moet detail georiënteerd wees
- Vermoë om kliënte navrae te hanteer en probleme op te los.
- Vermoë om kwessies wat verband hou met eise te identifiseer en op te los.
- Moet Engels en Afrikaans kan praat, lees en skryf (nie onderhandelbaar nie)
- Moet MS rekenaarvaardighede
Vergoeding:
Basiese salaris sal bespreek word tydens die onderhoud.
Indien jy aan die bogenoemde kwalifikasies en vereistes voldoen, stuur asseblief jou CV in, insluitend afskrifte van jou kwalifikasies, met 'n dekbrief wat die volgende uitlig:
- DOFA Datum op FSCA Register
- Toepaslike kennis en ervaring
- Huidige / Vorige basiese salaris en verwagting
Indien u binne 2 weke vanaf die datum van hierdie advertensie geen reaksie ontvang het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.