INSTANDHOUDING BESTUURDER
Gekopieër
Kanton Bestuursdienste het ʼn vakante pos vir ʼn Instandhoudings Bestuurder. Die pos is in Centurion, Pretoria gebaseer.
Kanton is op soek na ’n ervare en kundige individu om verantwoordelikheid te neem vir die beplanning, koördinering en bestuur van fasiliteitsinstandhouding, met die doel om 'n veilige en goed funksionerende werksomgewing vir werknemers en kliënte te verseker.
Pligte sluit in, maar is nie beperk nie tot:
- Bestuur instandhoudingskedules en verseker vinnige en effektiewe herstelwerk aan geboue, lugversorging-, elektriese- en loodgieterstelsels.
- Verseker dat alle fasiliteite veilig, funksioneel en goed onderhou is. Koördineer klein verbeteringsprojekte en algemene gebou-onderhoud.
- Monitor en bestuur instandhoudingsbegrotings, identifiseer kostebesparingsgeleenthede en verseker doeltreffende aanwending van hulpbronne.
- Bestuur diensverskaffers en kontrakte, verseker werk voldoen aan kwaliteitstandaarde en hersien kontrakte soos nodig.
- Verseker voldoening aan gesondheid- en veiligheidsregulasies, bestuur risiko’s en sien toe dat veiligheidsprosedures gevolg word.
- Hou instandhoudingsrekords by, monitor gebou-bestuurstelsels en gebruik data om doeltreffendheid te verbeter.
- Lei ‘n span tegniese personeel, doen opleiding en verseker effektiewe spanwerking vir optimale prestasie.
Om vir hierdie pos te kwalifiseer benodig jy Nasionale Diploma of Graad in Fasiliteitsbestuur, Instandhoudingbestuur of 'n verwante veld, asook `n minimum van vyf jaar ondervinding in gebou- of fasiliteitsbestuur.
Benodigde kennis en vaardighede sluit in:
- Wetgewing: Beroepsgesondheid en Veiligheidswetgewing
- Tegniese Vaardighede: Basiese elektriese, loodgieters- en konstruksiewerk
- Meganiese Stelsels: Meganiese en lugversorgingstelsels
- Bestuursvaardighede: Bestuur van diensvlakooreenkomste en kontrakte
- Rekenaarvaardighede: Tegniese Vaardighede: MS Office, Gebou Bestuurstelsels (voordelig)
Vaardighede wat verlang word sluit in: spanleierskap, handhawing van vertroulikheid, prioritiserings vermoë, goeie organiserings- en kommunikasievaardighede, probleemoplossingsvaardighede, administratiewe vaardighede en aandag vir detail.
Die kandidaat sal gereeld tussen verskeie persele moet reis en moet bereid wees om na-ure te werk in geval van noodgevalle. Die pos vereis dat die kandidaat inspeksies kan uitvoer en fisies aktief wees. Verder moet die kandidaat in beide Afrikaans en Engels kan kommunikeer en in die besit wees van ’n Kode 8 bestuurslisensie.
Indien jy aan die vereistes voldoen gebruik die volgende skakel https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek-2/ om voor of op 28 Maart 2025 aansoek te doen. Indien jy enige probleme met die skakel ondervind, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geen sertifikate nie) na mhb@solidariteitbeleggings.co.za.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.