Jeugleier
Gekopieër
Sleutelverantwoordelikhede van hierdie pos behels die beplanning, inwerkingstelling en bestuur van doeltreffende strategieë en veldtogte om vrywilligers in staat te stel om die herlewing van ’n jong-Afrikaneridentiteit te bewerkstellig. Die persoon sal ook die rol van raadgewer vir AfriForum Jeug se personeel en vrywilligers vervul, sodat die nodige ondersteuning aan hulle gebied kan word wanneer jeugkwessies aangepak word.
Ons is op soek na iemand met kennis van tersiêre instellings en jeugkwelpunte, bestuursvaardighede en ondervinding in die mobilisering van vrywilligers, asook die beplanning en bestuur van gemeenskapsprojekte en veldtogte wat deur vrywilligers uitgevoer word.
AfriForum is op soek na ’n leier en woordvoerder vir AfriForum Jeug.
Hierdie persoon sal aan die bestuurder: Portefeuljes rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuur en ontwikkeling van die jeugportefeulje binne AfriForum se Gemeenskapstrukture-afdeling.
As AfriForum Jeug se leier sal die suksesvolle kandidaat verskeie van AfriForum Jeug se nasionale projekte – wat die jeugkongres, jaarlikse aksies op tersiêre instellings en dorpe, en skoolkampe insluit – verder ontwikkel, bestuur en toesien dat dit suksesvol uitgevoer word deur ondersteuning aan AfriForum Jeug se personeel en vrywilligers te bied. Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir AfriForum Jeug se nasionale projekte.
Die aangewese kandidaat moet ook toesien dat die jeugportefeulje verder ontwikkel word, veral in terme van ’n volhoubare toekoms vir jong Afrikaners, wat daartoe sal bydra dat Afrikaners as ’n gemeenskap vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
’n Voltooide tersiêre kwalifikasie en toepaslike ondervinding in jeugsake, die bestuur en ontwikkeling van jeugprojekte en -veldtogte, asook betrokkenheid by AfriForum en AfriForum Jeug is belangrike vereistes vir hierdie pos.