Koördineerder: Werk Fasilitering

Solidariteit
Kloofsig, Centurion, 0157, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
2025-01-20 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Diploma in Projekbestuur
 
Vaardighede wat benodig word
Bemarking
Goeie kommunikasievaardighede
Projek administrasie
 
Verantwoordelikhede

Solidariteit Werk is ʼn Afrikaanse werksoek- en plasingsportaal wat werksgeleenthede fasiliteer. Individue kan hulle droom pos bekom, en werkgewers kan die ideale kandidaat bekom deur verskeie werksgeleenthede gratis te adverteer.


Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die skedulering, organisering en koördinering van projekte en funksies vir Solidariteit se werksoek- en plasingsportaal. Die kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir kliënteskakeling en -diens, ondersteuning met navorsingsprojekte sowel as kontrole van die Werk aanbod op die Solidariteit Platform. Die kandidaat sal werkgewers ondersteun met die skep van profiele en laai van poste indien hul uitdagings beleef. Daar sal ook van die kandidaat verwag word om werwings-teikens te behaal. Daar mag van die kandidaat verwag word om direkte verkope met potensiele werkgewers te onderneem.


Vereistes

Die ideale kandidaat moet kreatief en leergierig wees, met goeie organiseringsvermoë en uitstekende menseverhoudinge. Vaardighede wat tot jou voordeel sal strek, is goeie skriftelike en verbale kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels, detailgeoriënteerd, uitstekende kliente-diens en die vermoë om te kan beplan, prioritiseer, organiseer en koördineer. 


Om vir die pos in aanmerking te kom, benodig jy ʼn senior sertifikaat of ʼn soortgelyke NKR-kwalifikasie, asook ’n Diploma / Graad in enige van die volgende rigtings: bemarking, kommunikasie, mensehulpbronne. Kennis of ervaring in projekbestuur en werwing of blootstelling by ’n plasingsagentskap het, sal tot die kandidaat se voordeel wees. 


Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 20 Januarie 2025 per e-pos na Chantall Hugo by betrekkings@solidariteit.co.za


Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.