LEIER: ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Akademia
Centurion, South Africa
Permanent
Intermediêr
6 - 10 jaar
Werkplekgebonde
2025-04-03 ( Verval )

Kwalifikasie/s
CompTIA A+-sertifikaat of soortgelyke kwalifikasie
 
Vaardighede wat benodig word
sterk leierskap-, interpersoonlike en analitiese vaardighede beskik om werk gestruktureerd
en noukeurig binne ʼn bepaalde tydraamwerk asook regulatoriese en wetgewende vereistes te voltooi
Sterk probleemoplossingsvaardighede, konflikhanteringsvaardighede, goeie kommunikasie-
en skakelvermoëns, selfgelding asook die handhawing van vertroulikheid sal die ideale
kandidaat onderskei. Die vermoë om te prioritiseer en onafhanklik sowel as binne ʼn
span te werk, en goeie beplanningsvermoe sal verder tot jou voordeel strek
 
Verantwoordelikhede

Akademia is ʼn klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het tans ʼn pos in Centurion vir ʼn leier: Ondersteuningsdienste (service delivery lead) beskikbaar in die Inligting en Kommunikasietegnologie (IKT)-afdeling. Om te kwalifiseer word ʼn CompTIA A+-sertifikaat of soortgelyke kwalifikasie vereis met ʼn minimum van vyf jaar relevante ervaring, asook twee jaar leierskapsondervinding. Enige ander professionele registrasie sal in die kandidaat se guns tel.


Daar sal van die posbekleër verwag word om te verseker dat IKT-dienste effektief, doeltreffend en in ooreenstemming met bepaalde verwagtinge en kontraktuele ooreenkomste gelewer word. Die suksesvolle kandidaat sal verder verantwoordelik wees vir:

  1. Bestuur van Inligtingtegnologiebates
  2. Bate-inventarisbestuur
  3. Verkryging van hardeware en sagteware
  4. Batelewenssiklusbestuur
  5. Sagtewarelisensiebestuur
  6. Bate-oudit en -rekonsiliasie
  7. Beleidontwikkeling en -toepassing


  1. Bestuur van hulpdienste
  2. Hulpdienstespan bestuur
  3. Operasionele bestuur van Jira Service Manager (diensvlakooreenkomste)
  4. Kennisbasisontwikkeling vir selfhelp-hulpdienste
  5. Samewerking met IT-spanne om probleme op te los


Die ideale kandidaat moet oor sterk leierskap-, interpersoonlike en analitiese vaardighede beskik om werk gestruktureerd en noukeurig binne ʼn bepaalde tydraamwerk asook regulatoriese en wetgewende vereistes te voltooi. Sterk probleemoplossingsvaardighede, konflikhanteringsvaardighede, goeie kommunikasie- en skakelvermoëns, selfgelding asook die handhawing van vertroulikheid sal die ideale kandidaat onderskei. Die vermoë om te prioritiseer en onafhanklik sowel as binne ʼn span te werk, en goeie beplanningsvermoe sal verder tot jou voordeel strek.


Vereistes

Maak asb. gebruik van die onderstaande Akademia skakel om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 3 April 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar. Maak asb. gebruik van hierdie skakel om aansoek te doen vir die pos https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek/


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.