Rekenmeester en finansiële rapporteringsbeampte
LEVRG (Pty) Ltd
Pretoria, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Hibriede werk
2025-04-18
( Verval )
Gekopieër
Kwalifikasie/s
Bcom in finansies/rekeningkunde/besigheidsadministrasie of soortgelyk
Vaardighede wat benodig word
Kommunikasievaardighede
Detail-georiënteerd
Indiening van belastingopgawes
Boekhouding tot op proefbalans
Gevorderde excel vaardighede
Rekenaar geletterd - MS Word, Excel, Powerpoint
Caseware working papers
Goeie analitiese en probleemoplossingsvaardighede.
Rekenaar vaardig in msoffice en rekeningkundige sagteware (sage, syspro, xero)
Prioritiseringsvermoeë en tydsbestuur
Uitstekende rekenaarvaardigheid en belastingondervinding.
Rapportering
Ervaring met Xero Accounting (voordelig).
Verantwoordelikhede
Posbeskrywing
- Die kandidaat sal direk onder die direkteur werk en verantwoordelik wees vir die op stel van verskeie kliënte se finansiële state, wat dan deur die direkteur nagesien sal word. Die persoon sal ook verantwoordelik wees vir ‘n paar kliënte se rekordhouding van rekeningkundige transaksies van postering tot proefbalans.
- Die persoon gaan in ‘n klein besigheid en klein span werk, en dus sal ‘n persoon wat nie verwag om in ‘n korporatiewe omgewing te werk nie goed in pas. Die span is klein en persoonlik en daar is geleentheid om saam met die besigheid te groei.
- ‘n Ondersteunende rol tot kapasiteitsprobleme in ander areas sal ook noodsaaklik wees en kan die pligte varieer na gelang van die besige seisoen van die tiepe besigheid en industrie. Dit kan in sluit dat ander administratiewe verantwoordelikhede ook van die kandidaat verwag kan word en sluit in opsomming van data en vaslegging van inligting vir verskillende take.
Verantwoordelikhede sal wees:
- Op stel van finansiële state in Caseware (Desktop version – nie online nie)
- Op stel van finansiële state in Draftworx (Online version) – minimaal, maar soms nodig
- Boekhouding van kliënte se finansiële rekords op Xero
- Rekonsilieer bank transaksies
- Postering van fakture
- Debiteure en krediteure rekonsiliasies
- Balansstaat rekonsiliasies
- Bateregister boekhouding
- Nasiening van BTW transaksies
- Proefbalans voorbereiding vir ouditeure
- SARS: VAT201 / EMP201 / EMP501 / IRP6 / ITR4 opgawes ; korrespondensie met SARS op kliënte sake
- Bystand aan direkteur met belastingbeplanning vir kliënte
- Verslagdoening
- Maandeinde rapportering op inkomstestaat en balansstaat en ander
- Kontantvloei begrotings
Vereistes
- Ervaring in Caseware is noodsaaklik.
- Geldige rybewys en eie vervoer
- Vlot afrikaanssprekend (huistaal)
- Tussen ouderdom van 26 en 45
- Standvastige persoon