Solidariteit: Dienskantoorkoördineerder (Carletonville)

Solidariteit
Carletonville, 2499, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
2024-03-01 ( Verval )

Kwalifikasie/s
ʼn senior sertifikaat; ʼn sekretariële diploma of ʼn soortgelyke nasionale kwalifikasie
 
Vaardighede wat benodig word
goeie administratiewe en interpersoonlike vaardighede, organiserings- en kommunikasievaardighede
passie vir dienslewering
Goeie menseverhoudinge en kennis van arbeidsverhoudinge sal voorts tot jou voordeel strek
 
Verantwoordelikhede

Die geskikte kandidaat gaan verantwoordelik wees vir die aankoop en instandhouding van kantoorvoorraad. Monitering van weeklikse werwinggetalle en vergelyking met verslae, algemene administrasie wat insluit liassering, lidmaatskapnavrae en bestuur van dagboeke sal deel wees van die kandidaat se verantwoordelikhede. Die kontrolering van kantooruitgawes in terme van skryfbehoeftes, verversings, ens. sowel as die lewering van kliëntediens en hantering van ledenavrae sal deel vorm van die geskikte kandidaat se pligte.  

Vereistes

Die pos is in Carletonville geleë. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ʼn senior sertifikaat; ʼn sekretariële diploma of ʼn soortgelyke nasionale kwalifikasie; en drie tot vyf jaar ondervinding as ʼn administratiewe beampte of ondervinding in enige ander administratiewe pos. Rekenaarvaardighede, veral in Excel, Word en Outlook, is noodsaaklik. Dit sal tot jou voordeel strek as jy ook aanvullende kursusse oor dié rekenaarprogramme voltooi het en bewys daarvan kan lewer.


Die geskikte persoon moet Afrikaans en Engels as spreek- en skryftaal magtig wees en oor goeie administratiewe en interpersoonlike vaardighede, organiserings- en kommunikasievaardighede beskik. Die persoon moet ook ’n passie vir dienslewering hê. Goeie menseverhoudinge en kennis van arbeidsverhoudinge sal voorts tot jou voordeel strek.


Indien jy aan dié profiel voldoen, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) voor of op 1 Maart 2024 per e-pos na Sumari Maartens by betrekkings@solidariteit.co.za .


Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.