Solidariteit Internskap
Gekopieër
As ʼn intern by die Skoliere-afdeling sal jy blootstelling aan die volgende kry:
· Projekbestuur, wat insluit die opstel en beplanning van ʼn projek, die kosteberekening daarvan, die toepassing van krisisbestuur en die implementering van aksieplanne.
· Kommunikasievaardighede, wat insluit e-pos- en telefoonetiket, skryfvaardighede vir die skryf van blogs en artikels, die korrekte aanspreekwyse vir kollegas en aanbiedingsvaardighede.
· Administratiewe take, wat onder meer behels die indiening van kwitansies vir betaling, die opstel van sakelyste en die skryf van notules, die samestelling van dataverslae, die opstel van PowerPoint-aanbiedings, die identifikasie en bestelling van promosie-items en voorraadopnames en -beheer in die stoor.
· Kliëntediens, wat insluit die hantering van die Skolier-afdeling se e-posadres, kliëntenavrae en die administrasie van die afdeling se kontaknommer. Dit sluit ook in die lewering van vriendelike en doeltreffende diens aan skoliere en hul ouers en die hantering van navrae vanaf Dienskantore en onderwysers.
· Die bemarking van Skoliere deur besoeke aan skole te bring om die aanbod daar te bemark.
Ná voltooiing van die internskap by Solidariteit sal die intern ervaring en vaardighede opgedoen het wat hy of sy nie vantevore gehad het nie. Die intern sal hom- of haarself ook met groter selfvertroue in ʼn professionele omgewing kan handhaaf.
Solidariteit bied ʼn internskapgeleentheid in sy Skoliere-afdeling aan ʼn jong mens om ondervinding op te doen en ʼn beter begrip te kry van sowel die algemene werksomgewing as ʼn spesifieke beroep. Die intern kry geleentheid om verder te leer en te sien hoe teorie in praktyk toegepas word. ʼn Internskap bou ook selfvertroue en help om sagte vaardighede soos kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede te ontwikkel.
Hierdie geleentheid is ideaal vir studente wat oor ʼn BCom-graad in Ondernemingsbestuur of Bemarkingsbestuur, of ʼn BA (Kommunikasie)-graad en/of ʼn soortgelyke kwalifikasie beskik. Die kandidaat moet ʼn geldige rybewys hê en bereid wees om te reis.
Die ideale kandidaat moet leergierig wees, deursettingsvermoë aan die dag kan lê en moet bereid wees om hard te werk. Die kandidaat moet aandag aan detail kan gee, onder druk kan werk en by doeldatums kan hou.
Indien jy belangstel in die geleentheid, stuur asseblief jou CV (geen sertifikate nie) aan Sumari Maartens, per e-pos na betrekkings@solidariteit.co.za voor of op 2 Februarie 2024.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ʼn ander kandidaat vir die internskap oorweeg is.