Stelsel Administrateur

SACAI
Garsfontein, Pretoria, 0042, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
2024-10-09 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Toepaslike IT en Databasis administrasie kwalifikasie
 
Vaardighede wat benodig word
Integriteit
Absoluut betroubaar
Aandag aan detail
Doelgerig, Dinamies en goeie kommunikasie vaardighede
 
Verantwoordelikhede

Rapporteer aan: Uitvoerende Beampte: SAKAI


Doel van die posisie: Effektiewe samewerking met die Uitvoerende Beampte om ’n omvattende stelseladminitrasie- en ondersteuningsdiens te lewer.


Minimum toepaslike werkservaring:

  • Minimum 3 tot 5 jaar.
  • Blootstelling aan MySQL en MS Access en integrasie van ‘n databasis met rekeningkundige sagteware (Sage One), salarisstelsel sagteware (VIP)
  • Die bewese gebruik van Excel vir die onttrekking en verwerking van data buite die databasis sowel as ‘n bron van data-invoering, sal ‘n sterk aanbeveling wees.
  • Integrasie van SAKAI-webwerf met die stelsel is noodsaaklik
  • Algemene IT kennis en ervaring sal voordelig wees.
  • Bogemiddelde praat, lees- en skryfvaardighede in Engels en Afrikaans is noodsaaklik


Persoonlike eienskappe:

  • Goeie interpersoonlike vaardighede
  • Hantering van druk en afhandelingsvaardigheid (hou by sperdatums)
  • Geloofwaardigheid
  • Integriteit
  • Betroubaarheid
  • Aandag aan detail en netheid
  • Respekteer die privaatheidsvereistes van vertroulike inligting
  • Verantwoordelike optrede en aanvaarding van aanspreeklikheid
  • Vermoë om onafhanklik en innoverend te funksioneer
  • Vermoë om verskillende take en opdragte tegelykertyd te kan hanteer


Vereistes
  • Die finale verfyning van ‘n bykans voltooide nuwe databasis-stelsel gebou op MySQL en MS Access moet parallel met die bestaande weergawe getoets word vir die periode 1 November 2024 tot 30 September 2025
  • Registrasie van onderwysinstellings, onafhanklike skole en afstandsonderriginstellings.
  • Toekenning van registrasienommers aan kandidate
  • Registrasie van vakke met onderwysinstellings
  • Registrasie en koppeling van leerders met betrokke onderwysinstellings, insluitende die toekenning van vakke aan leerders
  • Toekenning van eksamensentrums aan leerders
  • Toekenning en rekordering van skoolgebaseerde assessering vir Gr 10 tot 12 leerders
  • Integrasie en rekordering van tydelike SAKAI kontrakwerkers
  • Soomlose intergrasie van die stelsel met Excel, Sage en VIP programme
  • Skep en byhou van ‘n gedetailleerde stelselbeskrywing, insluitend kontrole maatreëls en data kwaliteitsbeheer maatreëls
  • Soomlose integrasie met Umalusi se databasis en administrasiestelsel
  • Generering van puntestate en vakverklarings
  • Generering van fakture
  • Deurlopende monitering en verbetering van die stelsel
  • Skakel met betrokke eksterne diensverskaffers soos dit benodig word


Die SAKAI bied:

  • ‘n Mededingende vergoedingspakket in ooreenstemming met beleid
  • Genoegsame verlofvoordele


AANSOEKE

  • Voornemende kandidate moet skriftelik per e-pos aansoek doen en ‘n verkorte CV moet die volgende vermeld: ouderdom, kwalifikasies, huidige pos, werkgewer, ervaring.
  • Applikante moet bereid wees om op eie koste vir onderhoude in Pretoria aan te meld.
  • Diensaanvaarding: 1 November 2024, of vroeër.
  • Aansoeke gemerk “SAKAI Stelsel Administrateur” moet per e-pos na hr@saou.co.za gestuur word, nie later nie as Woensdag, 9 Oktober 2024.


Navrae: Mnr H Steenkamp Tel. 012 436 0900

Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.