Sol-Tech | Lektor: Meulmaker/Elektries

Sol-Tech Beroepsopleidingskollege
Pretoria, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 30/09/2025
Sluitingsdatum
25/01/2026 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Beroepsgerigte onderwys-, opleiding en ontwikkelingspraktisyn (odetdp) kwalifikasie.
Rooiseël as meulmaker of elektrisiën.
Gekwalifiseerde Elektrisiën - Rooiseel
Meulmaker/Millwright
Geslaagde vakke op N3 of ‘n NKR vlak 4 ekwivalente kwalifikasie
 
Vaardighede wat benodig word
Vermoë om onder druk te kan funksioneer en sperdatums te haal.
Doelgerig
Interpersoonlike & kommunikasie vaardighede
te prioritiseer en te beplan sal verder tot jou voordeel strek
Goeie verbale en geskrewe kommunikasievaardighede
 
Verantwoordelikhede

Sol-Tech is ʼn private, Christelike en Afrikaanse beroepsopleidingkollege gebaseer in Monumentpark, Pretoria,en verbreed en brei horisonne binne die Elektriese afdeling uit met verskeie ambagte soos Elektries, Meulmaker en Megatronika. Deur ons verbintenis tot uitnemendheid en die nuutste tegnologie, is ons gereed om industriestandaarde te herdefinieer en ons arbeidsmag te bemagtig soos nooit tevore nie. Sluit by ons aan as ‘n Lektor en wees deel van hierdie opwindende reis na ‘n blinker toekoms.


Die doel van hierdie pos is om die beplanning, voorbereiding en aflewering van kurrikulumbelynde onderrig- en opleidingssessies, assessering en studenteadministrasie, deur die implementering van leerprogramme, waar te neem ten einde voorgeskrewe leeruitkomste te bereik. Die posbekleër is verantwoordelik vir die gehalte van onderrig en opleiding in sy of haar aangestelde area van verantwoordelikheid. Insette tot program- en assesseringsontwikkeling, hersiening en verbetering vorm deel van hierdie verantwoordelikheid.

Vereistes

Wat ons van die aansoeker verwag:

  1. Rooiseël as Meulmaker of Elektrisiën
  2. Wiskunde, Ingenieurswetenskap, Elektrovakteorie en Industriële Elektronika as geslaagde vakke op N3 of ‘n NKR vlak 4 ekwivalente kwalifikasie sal ‘n voordeel wees.
  3. ‘n Geslaagde ODETP of OCOTTech sertifikaat op NKR vlak 4 in die aansoeker se guns tel
  4. Ondervinding van ten minste drie jaar in die bedryf, ná die voltooiing van ʼn Rooiseël,
  5. Toepaslike ondervinding in die MS Office-pakket is ’n verdere vereiste.


Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek:

  1. Leergierigheid en 'n passie vir kennis
  2. Uitstekende kommunikasievaardighede
  3. Hoë energie en ywer
  4. Sterk organiseringsvaardighede en inisiatief
  5. Goeie tydsbestuur en deursettingsvermoë
  6. Vermoë om prioriteite te stel en take effektief te hanteer
  7. Uitstekende menseverhoudinge
  8. Administratiewe en rekenaarvaardighede


Indien jy belangstel en aan die vereistes voldoen, volg asseblief die skakel en KLIEK HIER om aansoek te doen. Indien probleme met die skakel ondervind word, stuur asseblief jou CV en ʼn kort motiveringsbrief voor of op 25 Januarie 2026 na mhb@sol-tech.co.za met verwysing Lektor: Meulmakr/Elektries.

Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.