Pas-Gegradueerde Elektriese Ingenieur / Graduate-in-Training

Port2Talent
Lichtenburg, South Africa
Permanent
Intern
0 - 2 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 16/01/2026
Sluitingsdatum
26/01/2026 ( Verval )

Kwalifikasie/s
Beng elektriese ingenieurswese
Bsc elektriese ingenieurswese
 
Vaardighede wat benodig word
Elektriese ingenieurswese
Selfgedrewe
Bereidwilligheid
Positiewe ingesteldheid
Vinnige leerder
Goeie interpersoonlike vaardighede
Effektiewe kommunikasievaardighede
 
Verantwoordelikhede

Oorsig:

'n Groot vervaardiger van konstruksie-materiaal en industriële minerale vir die mynbou-bedryf, is tans opsoek na 'n blanke Afrikaanse man wat pas sy BSc / B Eng Elektriese Ingenieurs-graad voltooi het en opsoek is na 'n in-diens opleidings-geleentheid.


Sluit aan by die maatskappy se onderhouds-span vir blootstelling aan verskillende onderhouds-funksies op hulle proses-aanleg.


Verantwoordelikhede:

  1. Voltooiing van die GCC-program.
  2. Deelname aan verskeie voortdurende verbeteringsprojekte op die vervaardigings-aanleg.
  3. Bystand met die verbetering van operasionele doeltreffendheid.
  4. Ondersteuning van vinnige implementering van verskeie voortdurende verbeterings-inisiatiewe.
  5. Bywoning van terreinvergaderings om stelselvereistes te verstaan.
  6. Implementering van operasionele tegnologieë om produksie-metings te verbeter.
  7. Verskaffing van na-installasie-ondersteuning vir bevordering deurlopende onderhoud van die aanleg.


Vereistes

Minimum Vereistes:

  1. Graad 12
  2. BSc / B Eng graad in Elektriese Ingenieurswese
  3. Geldige bestuurderslisensie


Tegniese Vaardighede:

  1. Goeie teoretiese begrip en toepassing van Elektriese Ingenieurs-beginsels.
  2. Teoretiese bewys van probleemoplossings-vaardighede.
  3. Kennis van elektriese en elektroniese toerusting en ingenieursbeginsels in lig- tot swaarstroomtoepassings.
  4. Tegniese kennis vir in-diepte ondersoeke (Root Cause Failure Analysis – RCFA).
  5. Teoretiese kennis van proses-aanlegte en elektriese ondersteuning.


Persoonlike Vaardighede:

  1. Bereidwillige en vinnige leerder met ’n selfgedrewe ingesteldheid.
  2. Positiewe ingesteldheid om in ’n proses-gedrewe aanleg te werk.
  3. Goeie interpersoonlike vaardighede.
  4. Effektiewe kommunikasievaardighede


Vergoeding:

  1. R21 000 – R27 000 p.m.
  2. Verblyf word voorsien.

Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.