Junior Kantoor Assistent
Gekopieër
PRETORIA – OOS
SALARIS – ONDERHANDELBAAR
35 URE WEEKLIKS
BESTORWE BOEDELS:
- Insamel van inligting en dokumentasie.
- Voltooi, verwerking en nagaan van aansoekvorms.
- Skandeer, bewaar en liaseer dokumente.
- Opskryf van inkomste en uitgawes, opsomming van transaksies op bankstate vir bestorwe boedel en belasting doeleindes.
OORDRAG VAN EIENDOMME:
- Insamel van inligting en dokumentasie, data vaslegging – Voldoening aan statutêre veriestes in terme van FICA ens.
- Verkryging van uitklaringsyfers en uitklaringsertifikate, voeldoening aan vereistes in terme van SPLUMA- wetgewing.
- Tik van voorwaardes in titelaktes
ALGEMENE KANTOOR ADMINISTRASIE:
- Beantwoord foon, neem van boodskappe en bestuur van dagboeke.
- Skandeer, bewaar en liaseer dokumente.
- Algemene kantoor administrasie wat bydra tot die suskes van die praktyk.
SKAKELING MET GESTREMDE PERSONE:
’n Groot deel van die posisie gaan insluit die organisering en fasilitering van sosiale geleenthede vir jong volwassenes met kognitiewe uitdagings.
Meer inligting hieroor sal verskaf word tydens die onderhoud fase.
PERSOONLIKE ASSISTENT:
Bystaan van die prokureur met persoonlike take op ’n daaglikse basis.
VAARDIGHEDE EN ANDER EIENSKAPPE:
- 18-25 jarige vroulike persoon.
- Nie-roker.
- Afrikaans en Engels magtig – lees, praat en skryf.
- Verkieslik woonagtig in Garsfontein/ Faerie Glen/ Equestria/ Lynnwood/ Menlyn/ Die Wilgers / Vale-de-Gace/ Murrayfield/ Silverton omgewing
- Sterk administratiewe vaardighede;
- MS Office vaardighede (Word, Excel, PowerPoint).
- Metodies, georganiseerd en presies en ‘n vermoeë om aandag aan detail te gee.
- Sterk verbale kommunikasie vaardighede.
- Respek vir die konfidensialteit en etiese standaarde van die regsprofessie.
Stuur gedetaileerde CV in PDF formaat aan CV@fieldhouse.co.za.
Dui asb jou salaris verwagting in jou CV aan. Hou ingedagte dat die rol aanvanklik 35 ure per week gaan vereis.
As onderwerp van die e-pos dui asb jou naam van en datum van e-pos aan.
Heg ’n afskrif van jou matrieksertifikaat in PDF formaat aan.
Onvolledige aansoeke of aansoeke na enige ander e-pos adres of selfoonnommer sal nie oorweeg word nie.