Operationele Bestuurder (Operations Manager)
Architectural Glass & Aluminium - AGA
Factoria, Krugersdorp, 1739, South Africa
Permanent
Intermediêr
3 - 5 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum
27/02/2026
Sluitingsdatum
20/03/2026
( Verval )
Gekopieër
Kwalifikasie/s
Matriek / gr. 12
Vaardighede wat benodig word
Span bestuur
Kwaliteits beheer
Goeie probleem oplossing
Strategiese beplanning en besluitneming
Verantwoordelikhede
Algemene operasionele bestuur
- Toesig oor al die dag-tot-dag bedrywighede van produksie, installasie en projekspanne.
- Verseker dat alle prosesse effektief en volgens maatskappy standaarde funksioneer.
Span- en personeelbestuur
- Lei spanleiers en supervisors (bv. site supervisors, monteerders, tegnici).
- Stel prestasie-verwagtings, hou prestasiebeoordelings en motiveer personeel.
Produksie- en projekkoördinering
- Verseker tydige voltooiing van projekte en ordelike werkvloei tussen produksie en terrein.
- Identifiseer potensiële knelpunte en implementeer verbeterings.
Kwaliteit- en veiligheidsbeheer
- Verseker werk voldoen aan aluminium industrie standaarde en interne kwaliteitsvereistes.
- Hanteer veiligheidsvoorskrifte en verseker maatskappy-naleving op alle terreine.
Administrasie en verslagdoening
- Opstel en beheer van operasionele begrotings, koste, materiaalgebruik en voorraadbeheer.
- Verslae opstel oor produksie, projekte, spanprestasie en bedryfsprestasie aan bestuur.
Strategiese en prosessverbetering
- Ontwikkel en implementeer operasionele strategieë vir doeltreffendheid en groei.
- Identifiseer en implementeer prosesverbeterings in produksie, installasie en bedryf.
Kommunikasie en samewerking
- Koördineer tussen projekbestuur, produksie en installasie.
- Kommunikeer met kliënte indien nodig oor operasionele aspekte van projekte.
Vereistes
Ervaring
- Minstens 5 jaar ervaring in operasionele bestuur of spanbestuur in aluminium of konstruksie.
- Vorige ervaring in ’n produksie en installasie-omgewing
Tegniese kennis
- Kennis van aluminium produkte, installasieprosesse en maatskappy standaarde.
- Begrip van produksie, terrein-werk en logistiek.
Vaardighede
- Leierskap en spanbestuur.
- Probleemoplossing en besluitneming.
- Organisasie en tydsbestuur.
- Kommunikasie en koördinering tussen afdelings.
- Finansiële en koste beheer kennis.
Ander vereistes
- Geldige rybewys
- Geletterd in basiese rekenaars en administrasie (MS Office, CRM, voorraadstelsel).