Kinderversorger/huisouers

Abraham Kriel Bambanani
Langlaagte, Johannesburg, 2102, South Africa
Permanent
Intermediêr
0 - 2 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 18/03/2026
Sluitingsdatum
30/04/2026 ( Aktief )

Kwalifikasie/s
Matriek / gr. 12
 
Vaardighede wat benodig word
Liefde en aanvoeling vir maatskaplike kwessies
Beplanning, organisering en kontrole
Energiek
Liefde en passie vir kinders
Basiese rekenaar vaardighede
Passie vir kinders wat trauma beleef het
moet op jou voete kan dink en reageer
 
Verantwoordelikhede

Ons is op soek na 'n getroude huisouer paar of kinderversorger by 'n residentiele sorg satelliethuis van Abraham Kriel Bambanani (Kinderhuis) in Bredell, Kempton Park. Die huismoeder neem verantwoordelikheid vir die daaglikse fisiese , opvoedkundige en emosionele versorging van 10 seuns/dogters. Dit is 'n inwoon posisie, ongemeubileerde woonstel word voorsien. Die doel van die huis is om 'n familie atmosfeer te skep vir die seuns wat in die sorg van Abraham Kriel Bambanani geplaas is. Die huisouers / kinderversoger moet albei in besit wees van 'n geldige bestuurslisensie, en ten minste 3 jaar gereeld 'n voertuig bestuur het. Die huismoeder neem die primere rol as kinderversorger in, terwyl die gade sy beroep kan volhou en is slegs as ondersteuning vir die huismoeder. Die daaglikse verantwoordelikhede sluit in: voorsiening van drie gebalanseerde maaltye; vervoer van kinders na en van verskeie skole in die omgewing; aankoop van voorraad vir die huis; administratiewe pligte; doktersbesoeke; afhaal van medikasie by staatshospitale indien nodig; ontvangs van donasies en afhaal van donasies; vergaderings bywoon by Abraham Kriel Bambanani hoofkantoor en by die huis. Toesig en samewerking met die Algemene Assistent, wat verantwoordelik is vir die huislike pligte soos wasgoed en huis skoonmaak. Enige ander pligte wat nie genoem is nie, om die funksionering van die huis en kinders vlot te laat verloop.

Vereistes
  1. Geregistreer as Auxilliary Child and Youth Care worker by SACSSP.
  2. Óf Senior Sertifikaat (Graad 12) met Wiskunde/Wiskundige geletterdheid as vak of enige verdere opleiding NQF level 5.
  3. Geldige bestuurslisensie en moet kan kwalifiseer vir PDP lisensie.
  4. Ervaring as motorvoertuig bestuurder vir ten minste 3 jaar is ‘n vereiste.
  5. Aansoekers moet ouer as 26 jaar en jonger as 60 jaar wees.
  6. Enige kwalifikasies in kinderversorging of die sosiale wetenskappe sal ‘n aanbeveling wees.

Kinderversorger moet in besit van Gr 12 (Matriek) sertifikaat wees met Wiskunde of Wiskundige Gelettertheid en Engels as vakke, of enige NQF level 5 kwalifikasie

Albei huismoeder en huisvader moet 'n geldige bestuurslisensie hê en ten minste 3 jaar ondervinding as motorvoertuig bestuurder. Albei moet kwalifiseer vir 'n PDP lisensie.

Huismoeder/kinderversorger moet bereid wees om 'n jaar opleiding by te woon, om te kwalifiseer as "Auxiliary Child and YouthCare worker" en moet dan gedurende en na opleiding by South African Council for Social Service Professions geregistreer wees.

Albei huisouers moet 'n passie hê om met getraumatiseerde kinders te werk.


Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.