Verkoopskonsultant

Cora O Neil Recruitment Agency
Pretoria, South Africa
Permanent
Intermediêr
0 - 2 jaar
Werkplekgebonde
Plasingsdatum 04/08/2026
Sluitingsdatum
30/09/2026 ( Aktief )

Kwalifikasie/s
Soos per pos beskrywing
 
Vaardighede wat benodig word
Soos per pos beskrywing
 
Verantwoordelikhede

Colbyn, Pretoria: VERKOOPSKONSULTANT (Voertuig Bykomstighede)

Minimum Vereistes:

-Goed aangebiede en professionele individu, met ‘n passie vir verkope en kliënte diens

-Ten volle tweetalig en gemagtig in beide Afrikaans en Engels verpligtend, met professionele kommunikasie vaardigheid (Afr & Eng kliënte basis)

-Onlangse interne / “retail” verkope ondervinding verpligtend, verkieslik in voertuie en/of voertuige bykomstighede

-Rekenaargeletterd in MS Excel, CRM stelsels (kliënte verhoudinge bestuur sagteware), email en WhatsApp besigheid

-Ondervinding in fakturering, kwotasies en kliënte opvolg verkies

-In staat om onder druk te kan werk en verkope teikens te behaal

-Positief, self gemotiveerd en teiken aangedrewe

-Goeie probleem-oplossing en onderhandeling vaardighede

-Geldige bestuurslisensie

-Geen regmatige afdanking by enige vorige werkgewer weens wangedrag of wanprestasie nie

-Stabiele indiensnemingsrekord en kontakbare verwysings (Geen werkspringers, geen onnodige lang termyn gapings in diensrekord)

-Om sou gou moontlik te begin

Werksure: Maandae to Vrydae vanaf 8vm – 5nm

Pligte:

-Interne verkope van bakkie bykomstighede, insluitend bakkie-oortreksels, rolstawe, ligging balke, beskermingsplate en vragbykomstighede

-Bereik maandelikse verkoopsteikens

-Help kliënte met navrae per telefoon, WhatsApp en aanlyn

-Opstel, uitstuur en opvolg van kwotasies

-Onderhou kliënte rekords en inligting

-Kommunikeer met installasiespan rakende besprekings en installasies

-Help met promosies en uitstallings in die vertoonlokaal

Salaris: R 10 000.00 – R 12 500.00 bruto basies maksimum + kommissie op verkope

E-pos opgedateerde en gedetaileerde CV in Word of PDF Formaat (nie as ‘n skakel / “link” nie) na oneilc@telkomsa.net en dui die volgende aan:

- Verwysing CR2869;

- Jou basiese maandelikse bruto salarisverwagting binne die aangebiede bedrag;

- Heg ook ‘n onlangse gesig foto van jouself aan.

ONVOLLEDIGE AANSOEKE OF AANSOEKE WAT NIE AAN AL DIE VEREISTES VOLDOEN NIE, SAL SONDER ENIGE OORWEGING DADELIK GESKRAP WORD.


Vereistes

Soos per pos beskrywing.

Raak betrokke by Solidariteit om aansoek te doen.
Skep vandag nog jou profiel.