
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
#VlymskerpVerkope: Slyp jou wapen vir verkoopsukses
Deur Kyla-Ann du Toit
Het jy al ooit gewonder hoekom sommige verkoopspersone moeiteloos kliënte werf terwyl jy sukkel om jou voet in die deur te kry? Die antwoord lê dikwels in ʼn eenvoudige, maar kragtige beginsel: jou waarde-aanbod. Sonder ʼn duidelike waarde-aanbod bly jou verkoopsboodskap vaag en kliënte onseker.
Gedurende Solidariteit se volgende #VlymskerpVerkope-webinaarsessie gaan Carina Serfontein, ʼn strategiese verkoopsleier en kliëntebetrokkenheidskenner, jou wys hoe om jou waarde-aanbod op te skerp. Sy gaan verduidelik hoe jy jou produk of diens só kan posisioneer dat kliënte onmiddellik verstaan hoekom jy die oplossing is waarna hulle soek.
Wat gaan jy leer?
Carina gaan praktiese wenke deel oor hoe om:
- • leidrade vas te vang en vertroue te bou;
- • oplossings doeltreffend aan te bied; en
- • die transaksie met selfvertroue te sluit!
Met meer as 25 jaar se ervaring help Carina topmaatskappye om hul verkoopsresultate te slyp en volhoubaar te groei. Sy is passievol oor strategiese verkoopsbestuur en kultuurverandering, en haar praktiese benadering bemagtig kliënte om elke verkoopsgeleentheid doelgerig en selfversekerd aan te pak. Nou is dit jóú kans om te leer hoe jy jou waarde-aanbod in ʼn wapen kan verander wat jou verkope ʼn hupstoot kan gee.
ʼn Gratis webinaar net vir jóú
- • Datum: 11 September 2025
- • Tyd: 13:00 – 13:30
- • Plek: Aanlyn via Microsoft Teams
Klik hier om vir die webinaar te registreer.
Of jy nou pas met jou loopbaan in verkope begin het of ʼn ervare verkoopspersoon is, hierdie gratis webinaar gaan jou wys hoe om ʼn leidraad in ʼn wins te omskep en hoe ʼn skerper verkoopstrategie jou resultate kan verdubbel.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Registreer vandag nog vir die sessie en slyp jou verkoopsvaardighede – gratis!