
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Arbeidswette: Ken jou regte in die werkplek
Deur Nico Strydom
Werknemers het spesifieke regte ingevolge die gemenereg en ingevolge bestaande arbeidswetgewing. Hierdie regte het ten doel om te verseker dat werknemers toepaslik en regverdig in die werkplek behandel word en dat hul regte in die werkplek beskerm word.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet maak voorsiening vir sekere basiese regte vir werknemers, terwyl arbeidswetgewing soos die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes op hierdie basiese regte uitbrei en poog om werknemers verder te beskerm.
Werknemers behoort bewus te wees van hul regte in die werkplek soos vervat in die arbeidswetgewing. Hierdie kursus deur Solidariteit, “Regsaspekte in die werksplek,” bied inligting oor die belangrikste wette wat vir werkgewers en werknemers geld, naamlik die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Die kursus sluit algemene inligting in oor onder meer dissiplinêre klagte en verhore, en die soort verlof waarvoor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes voorsiening maak.
Die Wet op Arbeidsverhoudinge is seker een van die belangrikste wette aangesien dit kollektiewe regte reguleer, beskerming teen arbeidswanpraktyke bied en ook die rol van vakbonde bepaal. In hierdie kursus word daar ook onder meer gekyk na wat die wet sê rakende onbillike afdanking (ontslag), onbillike arbeidspraktyke en gevalle waar onmiddellike afdanking (ontslag) toelaatbaar is.
Die basiese diensvoorwaardes wat in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes vervat word, maak deel uit van werknemers se dienskontrak. Dié wet skryf beskermingsmaatreëls ten opsigte van diensvoorwaardes voor, en is van toepassing op alle werkgewers en werknemers in Suid-Afrika.
Werknemers wat meer verdien as ʼn vasgestelde drempelbedrag geniet nie dieselfde beskerming ingevolge arbeidswetgewing as diegene wat minder as die drempel verdien nie. Die drempel beïnvloed dus die toepassing van sekere bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, waarvolgens werknemers wat meer as die drempel verdien, uitgesluit word van die bepalings wat werksure, etenstye en oortydbetaling reguleer. Hierdie bepalings word in die kursus uiteengesit.
Die dienskontrak van werknemers wat meer as die drempelbedrag verdien, sal bepalend wees in die geval van die bepaling van hul maksimum werksure, oortydbetaling en dies meer aangesien hulle nie eise kan stel oor dié en ander bepalings in die wet waar die drempelbedrag van toepassing is nie.
Deur die voltooiing van hierdie kursus kan jy deeglik bewus wees van die regsaspekte in die werkplek en hoe dit op jou van toepassing is. Lede van Solidariteit het gratis toegang tot hierdie kursus en meer as 70 ander kursusse wat jou loopbaan na die volgende vlak kan neem.
Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit. Klik hier indien jy hierdie kursus wil voltooi, of lees hiermeer oor hoe jy vir dié kursus kan inskryf.
Wees aan die voorpunt van jou loopbaanontwikkeling. Lees hier meer oor jou eenstop-beroepstuiste vir voortgesette leer.
Bereik jou volle potensiaal in die werkplek saam met Solidariteit.