loading
avatar
Artikels
3 uur gelede
solidariteit-kursusse-help-jong-kantoorpraktisyn-om-nuwe-werk-te-kry

Foto Krediet: Pexels

Solidariteit-kursusse help jong kantoorpraktisyn om nuwe werk te kry

Deur Kyla-Ann du Toit

“Ek is iemand wat glo dat ʼn mens nooit moet ophou leer nie.” Hierdie eenvoudige beginsel het vir Janique Kardos gehelp om haar loopbaan as jong kantoorpraktisyn na nuwe hoogtes te neem.

Dit is vandag nie meer genoeg om slegs op jou kwalifikasie of werkservaring staat te maak nie. Dit word al hoe duideliker dat voortgesette leer ʼn groot verskil in ʼn mens se loopbaan kan maak.

Vir Janique Kardos, ʼn lid van Solidariteit se Jongwerkende-aanbod, het dié besluit om aan te hou leer terwyl sy werk juis daardie verskil beteken. Haar toewyding tot selfontwikkeling het nie net haar vaardighede versterk nie, maar uiteindelik ook gehelp om nuwe loopbaangeleenthede vir haarself te ontsluit.

‘Moet nooit ophou leer nie’

 “In my loopbaan het ek vroeg besef dat die arbeidsmark baie kompeterend is en dat dit belangrik is om jouself voortdurend te ontwikkel,” vertel Janique. “Ek wou nie net werkservaring opdoen nie, maar ook seker maak dat ek nuwe vaardighede aanleer wat my ʼn sterker kandidaat vir toekomstige bevorderingsgeleenthede kan maak.”

Hierdie ingesteldheid het haar gemotiveer om voortgesette opleiding te onderneem terwyl sy reeds werk. “Ek glo dat elke nuwe vaardigheid of enige nuwe kennis wat jy opdoen, jou meer selfvertroue gee en jou help om beter voorbereid te wees vir nuwe uitdagings in jou loopbaan.”

Janique het verskeie kursusse op Solidariteit-aanlyn voltooi, soos onder meer “Persoonlike vs. professionele lewe”,“Besigheidsetiket”,“E-posetiket”,“Professionele optrede in die werkplek”,“Bestuur van sosiale media” en “Bemarking Sonder Brieke”.

“Ek het besluit om hierdie kursusse te voltooi omdat dit praktiese vaardighede bied wat direk in die werkplek toegepas kan word. Die feit dat dit aanlyn aangebied word, het dit ook vir my makliker gemaak om dit in my eie tyd te voltooi terwyl ek steeds gewerk het. Dit het my die geleentheid gegee om myself voortdurend te ontwikkel sonder om my werk te benadeel.”

ʼn CV wat tussen ander uitstaan

Die waarde van voortgesette leer het nie net in haar werk sigbaar geword nie, maar ook op haar CV. Volgens Janique voel jy meer voorbereid en bekwaam in jou werk wanneer jy nuwe kennis opdoen en nuwe vaardighede aanleer.

Sy voeg by dat dit ook ʼn sterk boodskap aan werkgewers stuur. “Op my CV het dit gewys dat ek bereid is om ekstra moeite te doen om myself te ontwikkel. Dit wys vir werkgewers dat ek proaktief is en dat ek nie wag vir geleenthede om na my kant toe te kom nie.”

Toe sy later vir ʼn nuwe pos aansoek doen, het hierdie kursusse inderdaad die werkgewer se aandag getrek. “Tydens die aanstellingsproses het my nuwe werkgewer spesifiek na die kursusse op my CV verwys. Dit het vir hulle gewys dat ek moeite doen om my professionele vaardighede te verbeter en uit te brei daarop.”

ʼn Belegging in jouself

Janique moedig ander jong mense aan om ook die tyd te neem om hulself voortdurend met nuwe vaardighede te verbeter.

“Selfontwikkeling is een van die beste beleggings wat jy in jouself kan maak. Selfs kort kursusse kan ʼn groot verskil maak aan jou kennis, jou selfvertroue en hoe jy jouself professioneel aanbied. Jy weet nooit wanneer ʼn nuwe geleentheid oor jou pad gaan kom nie.”

Janique se loopbaanstorie bewys dat die bereidheid om aan te hou leer juis die faktor kan wees wat jou van ander kandidate onderskei. Solidariteit-aanlyn maak dit egter vir jou maklik om te doen. Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te skep en kry toegang tot nagenoeg 150 kursusse vir voortgesette leer.

Wees soos Janique en belê vandag nog in jouself!

Die eenvoudige beginsel dat ʼn mens nooit moet ophou leer nie het vir Janique Kardos gehelp om in haar loopbaan as jong kantoorpraktisyn te groei. (Foto verskaf: Janique Kardos)

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel