loading
avatar
Blogs
4 uur gelede
my-arbeidsverhoudinge-internskap

Foto Krediet: Solidariteit

My arbeidsverhoudinge-internskap

Kari Kriel

Ek het die voorreg gehad om vir ʼn jaar as intern by Solidariteit se Arbeidsverhoudinge‑afdeling te werk, en laat ek net sê – wat ʼn ongelooflike belewenis!

As ek dit in ʼn paar woorde moes opsom, sou ek sê die “i” in internskap staan vir intelligente mense, inisiatiefgedrewe, inspirerend, integrasie en natuurlik – inligting, inligting en nóg inligting!

Tydens die internskap het ek die geleentheid gehad om myself met intelligente en toegewyde mense te omring. Saam met hulle het ek geleer om teorie en praktyk op so ʼn wyse te integreer wat ek nooit voorheen sou kon voorstel nie. Hierdie samevloeiing van kennis, ervaring en ondersteuning lei op ʼn natuurlike manier tot groter inisiatief, terwyl dit terselfdertyd ʼn opregte inspirerende leeromgewing skep wat my beroepsontwikkeling versnel en my perspektief verbreed.

Dit is juis hierdie dinamiese balans tussen leer en doen wat Solidariteit se internskap so besonders waardevol maak. Dit gee my die vrymoedigheid om die “dom vrae” te vra (al sal Riaan my altyd verseker dat daar nie so iets bestaan nie), om eerder nou foute te maak terwyl daar ruimte is om te groei, en om prosesse te ervaar wat baie mense eers later in hul loopbane beleef.

Hierdie ervarings bou nie net my kennis nie, maar lê ook ʼn stewige fondament wat my eendag in elke arbeidsverhoudingeproses sal dra, sodat ek nie blindelings daarin instap nie, maar met begrip, ervaring en selfvertroue. Dít is iets só kosbaar dat dit werklik onskatbaar is – ʼn ware belegging in myself en in die onderneming waarin ek graag lank en lojaal wil dien.

Aan die einde van die dag kan ek net dankie sê: Dankie vir die inspirerende geleentheid, vir die intelligente mense wat my op hierdie pad begelei, en vir die inligting wat my dag ná dag toerus.

Ek sal hierdie internskap met oortuiging aanbeveel aan enigiemand wat die geleentheid kry – dit is nie net werkervaring nie; dit is lewensveranderende groei.


Registreer jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn sodat jy eerste van sulke geleenthede te hore kan kom!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel