Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
#Finansies101: Die laaste lesse vir ʼn slimmer finansiële toekoms
Sommige finansiële besluite is maklik om uit te stel. Dinge soos beleggings, versekering, lewenspolisse en langtermyn- finansiële beplanning voel dikwels soos iets waaroor ʼn mens “later sal dink”.
Maar hoe langer jy dit uitstel, hoe groter kan die spyt later wees. En hoe vroeër jy begin, hoe groter is die voordeel vir jou toekoms.
In die laaste drie episodes van Solidariteit Jongwerkende se #Finansies101-videoreeks volg ons weer vir Anri, Dewald, Janco en Lara terwyl hulle hul finansiële toekoms ernstiger begin beplan.
Episode 5: Belê soos ʼn pro
Die vier vriende ontvang elkeen ʼn bonus en moet besluit wat om daarmee te doen.
Ons almal het dit al gehoor: jy moet belê. Maar hoe begin ʼn mens? En hoe laat jy jou geld werklik groei?
Klik hier om uit te vind.
Episode 6: Beskerm jou toekoms
ʼn Naweekwegbreek neem ʼn onverwagse draai wanneer dinge skielik skeefloop. Dit word gou duidelik waarom finansiële beskerming so belangrik is.
Waarom maak dinge soos versekering, mediese dekking en ʼn testament so ʼn groot verskil wanneer die onverwagse gebeur?
Klik hier om te leer hoe om jou finansiële toekoms beter te beskerm.
Episode 7: Koop jou eerste motor en begroot soos ʼn pro
Die vriende staan voor nóg ʼn groot besluit: hul eerste motor.
Wanneer uitgawes soos brandstof, versekering en instandhouding begin ophoop, besef hulle vinnig dat motorkoop nie perdekoop is nie.
Hoe maak ʼn mens seker dat só ʼn groot aankoop by jou begroting pas?
Klik hier om te leer hoe slim beplanning groot finansiële besluite makliker maak.
Dankie dat jy hierdie reeks saam met ons aangepak het! Dit is slegs ʼn druppel in die emmer van die hulpbronne wat op Solidariteit-aanlyn beskikbaar is – danksy jou gratis profiel.